Thursday, September 12, 2024

Vryburgskou hou ’n suksesvolle kommersiële verseskou

Estimated reading time: 3 minutes

Die Vryburg Kommersiële Verseskou, ’n jaarlikse hoogtepunt op die landboukalender, het onlangs weer by die Vryburg-skougronde plaasgevind. Hierdie geleentheid, wat sedert 2019 ’n platform bied vir die vertoon van topgehalte vee, het vanjaar teruggekeer met ’n opwindende reeks kompetisies en uitstallings.

Die skou het produsente die geleentheid gebied om hul beste veldbeeste in drie ouderdomskategorieë te vertoon: Speen (6 tot 12 maande), oop (12 tot 24 maande), en dragtig (18 tot 36 maande). Met ’n maksimum van vyf groepe van vier beeste elk, het die kompetisie ’n wye verskeidenheid van die land se voorste genetika tentoongestel.

Lees meer oor die onlangse Upington-landbouskou hier.

Die wenners

Die wenners van die skou het uitgeblink in hul onderskeie kategorieë, met Hendrik Reyneke wat die algehele wenner vir ’n groep verse was, terwyl Roodt van Zyl weggestap het met die louere as algehele wenner vir individuele verse.

In die speenversegroep-afdeling het Kings Droughtmasters eerste gekom, gevolg deur Koos van den Heever en Apie Reyneke. Individueel het Koos van den Heever weer eens bewys dat gehalte tel, met Kings Droughtmasters wat ’n stewige tweede plek behaal het.

In die oop versegroep het Bertus van Zyl die eerste plek opgeraap, met Heinrich Bruwer en Lonnie Prinsloo wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het. Individueel het Heinrich Bruwer die eerste plek verower, met Bertus van Zyl kort op sy hakke.

In die kategorie vir ’n groep dragtige verse, het Hendrik Reyneke weereens as die wenner uit die stryd getree, met DMS Boerdery en Heinrich Bruwer kort op sy hakke. Individueel het Roodt van Zyl die eerste plek behaal, met Lonnie Prinsloo wat tweede was.

’n Besondere vermelding behoort aan Roodt van Zyl vir die beste Brahmankruisvers op die skou; sy is ’n toonbeeld van die uitstekende gehalte wat die skou bied. Die afdeling vir die beste groep Brahmanverse het ook die gehalte van hierdie skou beklemtoon.

Die Vryburg Kommersiële Verseskou bly ’n toonaangewende geleentheid waar produsente hul vee kan vertoon en netwerk. Die geleentheid dra by tot die bevordering van uitnemendheid in die Suid-Afrikaanse beesbedryf. Die skou vertoon jaarliks die harde werk en toewyding van die land se produsente. – Renate Louw, Plaas Media

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...