Friday, July 1, 2022

Volhoubare gebruik van chemikalieë in landbou

Estimated reading time: 2 minutes

Die volhoubare gebruik van chemikalieë in landbou was die onderwerp van bespreking tydens ‘n Nasie in Gesprek-sessie by Nampo 2022. Theo Vorster was oudergewoonte die gesprekleier, en die deelnemers was Klaus Eckstein, uitvoerende hoof van Bayer Suid-Afrika, Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA en graanprodusent in die Henneman-omgewing in die Vrystaat, Egon Zunckel, graanprodusent by Bergville in KwaZulu-Natal, en Kobus Meintjies, president van Croplife SA.

Die fundamentele vertrekpunt vir ‘n gesprek oor die volhoubare gebruik van chemikalieë in landbou, is die balansering van die belange van die produsent, die verbruiker en die omgewing, was die konsensus van die gesprek. Die bindende faktor tussen hierdie drie belangepunte is tegnologie, en miljarde rande word jaarliks bestee aan die ontwikkeling en verfyning van toepaslike tegnologie.

Lees oor die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Verbruikersweerstand en wanpersepsies is egter ‘n reuse potensiële struikelblok in die gebruik van hierdie tegnologie om ‘n groeiende wêreldbevolking van genoeg voedsel te bly voorsien.

“Dit gaan oor gesonde voedsel wat in ‘n gesonde produksiestelsel geproduseer word,” het dr Eckstein gesê. “Ons produseer vandag die gesondste kos nog ooit in die geskiedenis, en dit gaan daaroor dat ons dit in geïntegreerde produksiestelsels produseer waarin insettegnologie selektief gebruik word om opbrengste te optimaliseer sonder om volhoubaarheid te kompromiteer.”

Die knellende vraag, het hy voortgegaan, is egter of daar wêreldwyd genoeg bekostigbare voedsel vir ‘n groeiende bevolking beskikbaar sal wees. Dit is binne hierdie konteks dat dit onafwendbaar is dat oesbeskermingsprodukte gebruik word, maar dat dit aangewend word op die regte manier en waarvoor dit ontwikkel is. Dit is ook binne hierdie konteks dat gesprekke met verbruikers gevoer moet word. Oesbeskerming is waar die gesprek begin, maar dit gaan in werklikheid oor volhoubare landbou.  – Izak Hofmeyr, Plaas Media

Adding value to a chicken enterprise

Estimated reading time: 6 minutes They farm with chickens and produce farm chickens. This,...

Pulpy kidney: The silent killer

Estimated reading time: 4 minutes To find dead sheep in your kraal when they...

Vhanyai Boran: Breeding functional, fertile cattle through proven genetics

Estimated reading time: 7 minutes A well-educated, humble Boran stud breeder in North West...

Staatsvergoeding wanneer besmette diere van kant gemaak moet word

Estimated reading time: 4 minutes Groot onsekerheid heers tans weer in Suid-Afrika ná die...