HomePodcastsAgriOnAirVoermol: Skryf nou in vir veeprodusent-kompetisie

Voermol: Skryf nou in vir veeprodusent-kompetisie

Vir meer as 60 jaar al stel Voermol Voere produsente in staat om hul vee strategies te voer sodat hulle die beste moontlike diereprestasie kan behaal. Die maatskappy het deur middel van wetenskaplike navorsing met die jongste voedingstegnologie, ‘n reeks uitstekende melasse-gebaseerde produkte vir herkouers ontwikkel.

Voermol se produkte en kostedoeltreffende voerstelsels het hulself herhaaldelik wetenskaplik in die veld bewys. As ‘n toonaangewende rolspeler in die herkouervoerbedryf, is Voermol verbind tot die ontwikkeling van kommersiële en volhoubare veeboerdery. Daarom is die maatskappy se doelwit om bees-, skaap-, bok- en herkouerwildprodusente se produktiwiteit te verbeter.

Gevolglik het Voermol die Nasionale Bees- en Skaapboer van die Jaar-kompetisie ontwikkel wat erkenning gee aan Suid-Afrika se doeltreffendste veeprodusente. Die kompetisie kyk ook na hoe deelnemers natuurlike hulpbronne in ag neem. Dr Josef van Wyngaard gesels in dié aflewering van AgriOnAir oor waarom hierdie kompetisie vir bees- en skaapboere aangebied word.

Luister nou na dié onderhoud.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Voermol. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Laai die inskrywingsvorm hier af:

Inskrywingsvorm vir beeste

Inskrywingsvorm vir skape

Wenners word op 15 November 2023 tydens ’n galadinee in Bloemfontein aangekondig.

Must Read

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....