HomeAgri NewsVleissentraal vereer uitblinkers in veilingsbedryf

Vleissentraal vereer uitblinkers in veilingsbedryf

-

Estimated reading time: 4 minutes

Die direksie en bestuur van Vleissentraal (Edms) Bpk het onlangs tydens ’n jaarlikse toekenningsfunksie sy bemarkers en afslaers met spesiale toekennings vereer, vir uitsonderlike prestasies wat tydens die 2021/22 finansiële jaar behaal is. Elkeen van hierdie wenners het ’n geskenkbewys vir ’n oorsese vakansie ontvang.

Kategorie: Voorsitterstoekenning

Carel: Die Voorsitterstoekenning vir uitstaande en onbaatsugtige diens is aan Carel Chalmers (Bemarker: Bosveld, Warmbad-area) oorhandig. Van links is Anton Vos (voorsitter: Vleissentraal), Annemie en Carel Chalmers saam met Johann Vosser (besturende direkteur:  Vleissentraal Bosveld).

Kategorie: Afslaer van die Jaar

Paul: Paul Botha van Vleissentraal Ermelo is as die Kommersiële Afslaer van 2022 aangewys. Van links is Anton Vos (Voorsitter:  Vleissentraal), Paul Botha en Wessel Meyer (besturende direkteur: Vleissentraal Ermelo).

Lees meer van VKB en GWK se samesmelting hier.

Ian: In die stoetvee-afdeling is Ian Grobbelaar van Vleissentraal Frankfort as Afslaer van die Jaar aangewys. Van links is Anton Vos (voorsitter:  Vleissentraal), Ian Grobbelaar en PJ Müller (besturende direkteur: Vleissentraal Frankfort).

Kategorie: Bemarker van die Jaar           

Nasionaal: Brons   

Boeta: Hierdie toekenning word gedeel deur Boeta Maree en Ben Payne van Vleissentraal, Klerksdorp. Hulle dek die Klerksdorp/Orkney/Stilfontein/Potchefstroom/Carletonville/Hartbeesfontein-area. Op die foto van links is Anton Vos (voorsitter: Vleissentraal), Boeta Maree, Ben Payne en Ruaan Viljoen (bestuurder: Vleissentraal, Klerksdorp).

Nasionaal: Silwer   

David: David Gerber van Vleissentraal Frankfort het hierdie toekenning losgeslaan. Hy dek die Tweeling/Reitz/Petrus Steyn/Frankfort-area . Van links is Anton Vos (voorsitter: Vleissentraal), David Gerber en PJ Müller (besturende direkteur: Vleissentraal Frankfort).

Lees oor die effek wat BEK op Vleissentraal gehad het hier.

Nasionaal: Goud

Sybrand: Sybrand van Deventer van Vleissentraal Bethlehem het die nasionale goue toekenning ontvang. Hy dek die Reitz/Bethlehem/Danielsrus/Petrus Steyn-area. Van links is Anton Vos (voorsitter: Vleissentraal), Sybrand van Deventer en PJ Müller (besturende direkteur: Vleissentraal Frankfort).

Nasionaal: Platinum   

toekennings
Frits Marx, speenkalfkoördineerder by Vleissentraal Port Elizabeth, het die nasionale platinum-toekenning vir Bemarker van die Jaar losgeslaan. Op die foto is Anton Vos (voorsitter: Vleissentraal), Frits Marx en Chris Troskie (besturende direkteur: Vleissentraal Port Elizabeth).

Frits: Frits Marx, speenkalfkoördineerder by Vleissentraal Port Elizabeth, het die nasionale platinum-toekenning vir Bemarker van die Jaar losgeslaan. Op die foto is Anton Vos (voorsitter: Vleissentraal), Frits Marx en Chris Troskie (besturende direkteur: Vleissentraal Port Elizabeth). – Persverklaring, Vleissentraal

Must Read

Water is te skaars om te mors: Spaar jy of vermors...

Estimated reading time: 6 minutes Elke druppel water tel. ’n Druppel per sekonde kan daagliks tot 20 liter water versamel. Spaar jy dit of...