Estimated reading time: 13 minutes

Hier is 2023 finaliste in die Vleissentraal SA Stamboek Elite 2023 Bulgroeitoetsklas. Die toekennings vind 1 Mei by die hoof beesring op die Bloemskouterrein plaas.

Red Angus bull

Stoet: Roechama Angus
Eienaar: RC Malherbe
Kontakbesonderhede: malherberc8@gmail.com, 084 851 8262

RC Malherbe, sy broer André en hul pa, Gert, bedryf ’n gemengde boerdery bestaande uit Angus, Brangus, Suffolk en Vleismerinostoeterye op die plaas Graslaagte by Hertzogville. Honey Comb beskik oor uitstekende lengte en breedte, ’n goeie toplyn en het ’n manlike kop. Hy kom uit ’n goeie stamboom met sy maternale vader, Vansia Bertus, wat ’n voormalige nasionale kampioen was. Sy vaar, Roechama Honey Badger, het tydens die pas-afgelope nasionale kampioenskappe twee kampioene opgelewer.

Black Angus bull

Stud: Joyce’s Angus
Owner: Seymour Currie
Contact details: worsie.jdfarms@gmail.com, 072 143 6114/083 327 9186

As part of our programme, we strive to create/breed special
pedigrees, but also keep recognised cow families alive. Strict
selection is part of the elimination process to ensure that only
the best progeny prevails. Napoleon is a well-balanced, medium framed Black Angus bull that carries a lot of power, meat and masculinity on a set of strong legs. At just over two years old, he stands strong and moves comfortably. He combines his phenotype with a good set of breeding values, especially for growth traits.

Boran bull

Stoet: Turkana Borane
Eienaars: Johan Fourie en Naas Jordaan
Kontakbesonderhede: johan.allphase@gmail.com/082 093 7650, naas@mip.co.za/082 563 0650

Turkana Ruger is ’n besonderse bul wat goeie GDT- en VOV-syfers tydens Fase C-toetsing behaal het. Hy toon uitsonderlike manlike eienskappe met ’n mooi kop en nek, bespiering, ’n goeie skede en sementelling. Hy is op sewe maande en 241kg gespeen. Sy moeder is een van die kleiner-raam koeie in die kudde en het maar 398kg geweeg toe Ruger gespeen is. Hy word tans as ’n KI-bul gebruik en ons kan nie wag om te sien wat sy invloed op die kudde gaan wees nie.

Braford bull

Stoet: Bonheur Brafords
Eienaars: Gert van der Merwe en Johan de Jager
Kontakbesonderhede: de.jagerskraal@gmail.com, 082 653 0323 / 060 966 3693

Die Bonheur Braford-stoet is naby Bethal op die plaas Schaapkraal geleë. Bonheur Brafords streef na hoë vrugbaarheid, gehardheid, groei en aanpasbaarheid. GM 2110, Eben, is geteel uit eg Suid-Afrikaanse Braford-bloedlyne. Die bul beskik oor fenominale eienskappe soos goeie lengte, breedte en diepte. Eben is ’n goedgebalanseerde bul met uitstekende syfers. Hy spog met ’n GDT van 2,2kg in ’n Fase C-toets en ’n VOV van 5,4kg.

Brangus bull

Stoet: TWO W Brangus
Eienaars: Myburgh en Tewie Wessels
Kontakbesonderhede: myburgh@nexia-sabt.co.za /
082 333 3396, tewiewessels3@gmail.com / 073 205 5112


Die bul WW2 2031, Ferdinand, is van die eerste kalwers wat gebore is uit ingevoerde saad. Hy is die tweede agtereenvolgende Goue Meriete-seun uit die koei BVN 15131. Ferdinand is ’n bul met uitstekende syfers, goeie lengte en ’n mooi skede wat sy kondisie uitstekend op die veld handhaaf en met gemak op verse gebruik kan word. Ons glo hy is ’n bul wat nie net gewig op speenkalwers sal sit nie, maar ook geld in die produsent se sak.

Braunvieh bull

Stoet: Witbek Braunvieh-stoet
Eienaars: Hans Bester en dogters
Kontakbesonderhede: bestershans@gmail.com,
083 469 1258


Witbek Chris se ma, Witbek Karli (TKP van 367 dae oor 11 kalwers), is verwek uit ’n embrioprogram wat die Witbek-stoet meer as tien jaar gelede gevolg het. Hy het uitsonderlike lengte van lyf en goeie balans, net soos sy pa, Witbek Dries, en sy oupa, Witbek Salute. Hy toon goeie manlikheid en beweeg gemaklik met bespiering wat ’n positiewe impak in enige stoet kan maak. Vroegryp, mediumraam diere presteer in die Witbek-stoet en dra by om ons visie ’n werklikheid te maak.

Charolais bull

Stoet: Louwcoe Charolais
Eienaar: Louwrens Viljoen
Kontakbesonderhede: louw@louwcoecharolais.co.za, 082 334 4877

Die Louwcoe Charolais-stoet is geleë op die plaas Mountain View naby Clocolan in die Oos-Vrystaat, waar die diere grootword op suurveld, wat hulle baie aanpasbaar maak. Produksieveilings word jaarliks in Vryburg asook Frankfort aangebied en behalwe vir die Charolais, het Louwrens ook onlangs ’n Limousin-stoetery geregistreer. CB 200160, Louwcoe Cheramey, is ’n lang bul met besonderse breedte, uitsonderlike groei en voeromset. Sy moeder, CB 150028, Louwcoe Elzee, is ’n vyfsterkoei met ’n melkindeks van 154 en ’n koeiwaarde van 142.

Drakensberger bull

Stoet: Grasmunt Drakensbergers
Eienaar: Carel Nel
Kontakbesonderhede: carelnel02@gmail.com, 082 828 1984


Grasmunt Mandaat 2 was net twee dae oud toe hy as toekomstige stoetbul geïdentifiseer is – sy manlikheid was toe reeds aan sy kop
en skof sigbaar. Hy is die ideale medium-raam bul met uitstekende balans ten opsigte van lengte, breedte en diepte, en het die perfekte beenstruktuur asook besonderse vleiseienskappe. Daarmee saam het hy puik presteer in ’n ekstensiewe veld Fase D-toets. Met sy genetiese agtergrond sal hy beslis ’n sterk positiewe invloed op die toekoms van die Grasmunt-stoet hê.

Hereford bull

Stoet: Ja-Niel Herefords
Eienaar: Danie van Breda


Kontakbesonderhede: danie@orcrest.co.za, 082 850 6101
Die plase van Ja-Niel Boerdery is geleë in die Swartlanddistrik, wat bekend is vir sy warm somers en strawwe winters. Ja-Niel Herefords het oorspronklik as ’n stokperdjie begin, maar later ’n volledige boerderyvertakking geword. Die bul, DVB 210007, se stamboom is ’n goeie kombinasie van oorsese en plaaslike genetika wat hulself bewys het. Sy teelwaardes, veral dié wat op groei betrekking het, is indrukwekkend sonder om op melk in te boet. Hy sal ’n verskil in enige groeigefokusde stoet of kudde maak.

Hugenoot bull

Stoet: Koperkop Hugenoot-stoet
Eienaar: Henk van Rensburg
Kontakbesonderhede: info@koperkop.co.za, 082 345 1270

Bul B 200210 is geteel uit die Koperkop Hugenoot-stoet, op die plaas New Hanover in die Dendron- en Mara-omgewing. Hierdie bul met sy goeie vleiseienskappe het ook bogemiddelde kalfgroei (123), vrugbaarheid (106) en ’n hoë melksyfer (134). Hy is nie ’n draer van die myostatin-dubbelbespiergeen nie, het besonderse lengte (1 494) en ’n uitstekende liggaamshoogte/lengte-verhouding van 1,25. Goeie groeisyfers, hoë uitslagpersentasie en maklike kalwing maak die Hugenoot ’n gewilde ras vir stoet- sowel as kommersiële kruisteling.

Stoet: Devlan Limousins
Eienaars: John en Tracey Devonport
Kontakbesonderhede: john@devonport.co.za, 083 454 3095


Devlan Imagination is ’n jong bul met goeie teelwaardes
en uitstaande genetika. Sy vaar, Xourel Italia, is die Suid-
Afrikaanse nasionale kampioen en is ook Nampo/Alfa
se opperste kampioenbul en die 2022 Limousinwêreldkampioen.
Devlan Imagination het ’n uitstekende toplyn, lengte van lyf en is ’n ‘vleismasjien’ danksy die ras se uitsonderlike bouvorm, uitslagpersentasie en doeltreffende karkas. Hy is voorwaar ’n bul met ’n blink toekoms.

Pinzgauer bull

Stoet: ZZ2 Grootboom Pinzgauer-stoet
Eienaar: Bertie van Zyl (Edms) Bpk, Fanie Potgieter (kuddebestuurder)
Kontakbesonderhede: grootboom@zz2.co.za, 082 336 7199

Die stoet word in relatief ekstensiewe toestande in ’n strawwe hartwater, galsiekte en rooiwater omgewing geteel. Die diere is dus aanpasbaar en uiters gehard. GB 200014 is ’n merkwaardige bul wat baie goed gedoen het in die semi-ekstensiewe Fase-D toets. Hy het goeie lengte en bespiering, beweeg gemaklik, toon goeie definisie van bespiering en het ’n sterk toplyn. Die teel van nageslag met goeie groei en maklike kalwing tel onder sy sterk punte. Met sy puik syfers en uitstekende genetiese teellyne sal dié bul ’n merkbare impak op die Pinzgauer-stoetbedryf maak.

PinZ²yl bull

Stoet: ZZ2 Mathomo PinZ²yl-stoet
Eienaar: Bertie van Zyl (Edms) Bpk, Fanie Potgieter (kuddebestuurder)
Kontakbesonderhede: grootboom@zz2.co.za, 082 336 7199

Die PinZ²yl-ras is uitstekend aangepas by Suid-Afrikaanse en Afrikaomgewingstoestande. PZ 200044 vertoon hierdie eienskappe met trots. Die bul het goeie diepte en bespiering, beweeg uitstekend, en toon goeie groeipotensiaal met uitstaande vleiseienskappe. Hy spog met die ras se tipiese kleurpatroon en het ’n uitsonderlike haarkleed. Hierdie Fase D-bul was deel van ’n groot groep bulle wat getoets is en het baie goed presteer. PZ 200044 het ’n kort skede, uitstekende klein hoewe en is ideaal aangepas vir die ekstensiewe Bosveld-omgewing.

Santa Gertrudis bull

Stoet: Santarific Santas
Eienaar: Desmond Robertson
Kontakbesonderhede: desmond@desley.co.za, 082 494 7032

Die Santarific Santa-stoet is in die Brandfort-distrik op die plaas, Tweede Waag, geleë. Die bul, Santarific Spring, wat deur Desmond Robertson geteel is, is ’n besonder diep bul wat reeds in die kudde vir teling aangewend word. Verskeie van Santarific se uitgesoekte verse is reeds van hom dragtig. Hy het sy Fase D-toets by Trio Skoon in Kroonstad afgelê en het besondere groei getoon. Santarific Santas glo dat hy baie goeie waarde vir hulle kan toevoeg.

Shorthorn bull

Stoet: Niemen Shorthorns
Eienaar: Neil Dry
Kontakbesonderhede: niemen@skyafrica.co.za, 083 778 8000

Die Niemen Shorthorn-stoet is in die Magaliesburg-omgewing
geleë en diere word op suurveld geteel. Die bul, NMS 210030, het
’n besonderse bouvorm, voor- en agterkwart en sy loopvermoë is
baie goed. Aan sy moeder se kant kom hy uit ’n bul wat aan Fase
C-toetsing onderwerp is en sy vaar is ook deur Niemen Shorthorns geteel. Dit is goed om te sien dat NMS 210030 ’n beter bouvorm as sy vaar het.

Simbra bull

Stoet: Zimeyer Boerdery
Eienaars: Thys en Pieter Meyer
Kontakbesonderhede: pieter.meyer@zimeyer.co.za, 082 334 8906

Zimeyer Boerdery in die Lindley distrik word deur pa en seun, Thys en Pieter Meyer, bedryf. Hulle streef daarna om vrugbare en doeltreffende diere te teel wat veldaanpasbaar is, en om moeilik meetbare eienskappe te meet. Met dit ten doel het hulle in 2021 ’n Vytelle Growsafe-toetsstasie op die plaas opgerig. Die bul ZM 20705C, is ’n medium-raam, gladde bul met uitstekende bespiering, lengte van lyf en manlikheid. Hy het goed gepresteer in sy kontemporêre groep.

Simmentaler bull

Stoet: Odensim Simmentalers
Eienaar: Riaan Odendaal
Kontakbesonderhede: odendaalboerdery@gmail.com,
082 743 9832

Odensim Simmentalers is op die plaas Uithoek, naby Villiers in die Vrystaat geleë. Dit is ’n gemengde saai- en beesboerdery, en Odensim streef na die produksie van vee wat in enige deel van die land kan aanpas. Hoë vrugbaarheid, groei en gehardheid vorm deel van die teelbeleid. Odensim Kroon kom uit ouers wat hierdie potensiaal en eienskappe bied, en het uitstekende groei en moedergenetika wat al ’n groot aanwins vir die stoet was.

South Devon bull

Stud: Winston South Devon Stud
Owners: John and James Miller
Contact details: james@winstonfarms.co.za,
082 517 4887 / 083 659 8269

JM 202974 has exceptional length and fleshing with a solid bone structure, as well as a very masculine head and neck with obvious width across the muzzle, fore- and hindquarter. He is alert, moves well and we can’t wait to see the impact he will have on our herd. With a birthweight of 39kg and a weaning weight of 299kg, he has always impressed. JM 20 2974 was used in the herd at 14 months of age and his progeny is already turning heads.

Sussex bull

Stoet: Blema ba Kan Sussex-stoet
Eienaar: Junior Keyser
Kontakbesonderhede: juniorkeyser@live.com, 083 387 6775

Die Blema ba Kan Sussex-stoet bestaan uit een van die vrugbaarste koeikuddes in die ras. Die kudde is vir sewe uit die afgelope agt jaar as die Sussex-kudde van die jaar aangewys. Die bul, GBK 200054, is geteel uit die bekende Eversar-Albertbloedlyn wat al verskeie groeitoetspresteerders opgelewer het. Hy het uitstaande teelwaardes en het ’n besonder vrugbare, goed-produserende moeder (GBK 13033) met ’n tussenkalfperiode (TKP) van 374 dae oor sewe kalwers. Hy is ’n sprekende voorbeeld van die Blema ba Kan-teelbeleid.

Tuli bull

Stoet: Avondale Tuli-stoet
Eienaar: Dave Mullins
Kontakbesonderhede: mullins@isat.co.za, 082 299 7953

ADM 210011 is ’n medium-raam, goed-gebalanseerde bul met goeie breedte, lengte en bespiering. Sy geboortegewig was 33kg. Hy het goeie beraamde teelwaardes van 121 vir geboorte (maternaal), 110 vir speengewig, 113 vir naspeengewig, 91 vir volwasse gewig, 124 vir GDT, 127 vir Kleiber, 110 vir VOV, 108 vir koeiwaarde, 122 vir groei en 112 vir produksie. Die bul het ’n goeie geaardheid wat van hom ’n uitstekende dier maak.

Lees meer oor die koop van bulle en spaar jouself baie verdriet.