Vinpro kondig nuwe hoof aan

Estimated reading time: 2 minutes

Vinpro, die wynbedryfliggaam verteenwoordigend van byna 2 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente, kelders en belanghebbendes in die wynbedryf, lui ’n nuwe era vir die organisasie in met die aankondig van Conrad Schutte as nuwe bestuurshoof.

Conrad, tans die bestuurder van konsultasiediens by Vinpro, neem die leisels op 1 Junie van Rico Basson oor wat onlangs as bestuurshoof van die nuwe sambreelliggaam SA Wine aangestel is. “Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe uitdaging,” sê Conrad. “Ek sien uit daarna om my begeerte vir die ontwikkeling van mense, die kristallisering van strategiese rigting, my tegniese begrip van die bedryf en toereikende internasionale ervaring in my nuwe rol en tot voordeel van Vinpro toe te pas.”

Lees meer oor die nuwe hoof van Wine SA hier.

Conrad is reeds vir die afgelope 13 jaar werksaam by Vinpro. Hy behaal sy Hons. BSc. (Agric) in Wingerdboukunde in 2001 van die Universiteit Stellenbosch. Daarna het hy onder meer as wingerdboukundige by Michigan State University en Thelema Mountain Vineyards gewerk waarna hy by Vinpro aansluit as streekskonsultant in 2010. In 2018 behaal hy sy meestersgraad in Besigheidsadministrasie (MBA) cum laude van die Universiteit Stellenbosch. Hy is reeds sedert 2019 bestuurder van die konsultasiediens by Vinpro.

“Ons sien uit na die nuwe fase wat Vinpro nou betree,” sê Anton Smuts, voorsitter van Vinpro se direksie. “Conrad, wat reeds ’n geruime tyd deel is van die Vinpro-familie en ’n sterk tegniese agtergrond het, is die perfekte persoon om die nuwe rigting wat Vinpro nou inslaan – om nou saam te werk met SA Wine maar te herfokus op plantverbetering, tegniese produksie en gespesialiseerde dienste en die inligtingsbehoeftes van ons wynprodusente – te bestuur. Ons wens hom alle voorspoed in sy nuwe rol toe.”

Lees meer oor die Suid-Afrikaanse wyntoerismebedryf hier.

Vinpro is ’n nie-winsgewende maatskappy wat byna 2 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente, kelders en belanghebbendes in die bedryf verteenwoordig. Vinpro se beleggings sluit, onder meer, ’n 100% belang in Vititec (Edms) Bpk en ’n 75% belang in Farm MS (Edms) Bpk in. – Persverklaring, Vinpro

The economic impact of foot-and-mouth disease

Estimated reading time: 5 minutes Foot-and-mouth disease (FMD) is a serious, highly contagious viral...

Kuilvoerkompetisie 2023: Resultate en bevindings

Estimated reading time: 8 minutes Plaas Media se 2023 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie het...

Korrekte hooiberging hou verliese in toom

Estimated reading time: 5 minutes Die gebruik van groot ronde bale het in die...

Vrotpootjie: Moenie gras onder jou voete laat groei nie

Estimated reading time: 4 minutes Vrotpootjie kom algemeen onder skape, beeste en bokke voor...