Video: Meer oor die Toyota SA Nasionale Jong afslaerskompetisie

0
640

Dis weer tyd vir die jaarlikse Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie. Ná ’n uiters suksesvolle kompetisie in 2014 en 2015, gaan die Veeplaas-span weer die land platry op soek na die land se beste jong, aspirant- en skolier-afslaers. Die eerste promosieveilings het in Maart afgeskop. Wees op die uitkyk vir die Veeplaas-span en die naaste Toyota-handelaar by die weekveilings in die onderskeie dorpe.

Elsa Esterhuizen het onlangs op Die Groot Ontbyt met Albert Loubser, redakteur van Veeplaas, oor dié kompetisie gesels. Kyk hier:

Kategorieë
• Junior kategorie: Onder 18 jaar.
• Jong kategorie: 19 tot 25 jaar.
• Oop kategorie: Vir enige deelnemer wat nie in
bogenoemde kategorieë kwalifiseer nie.
Streekskompetisies
• Mpumalanga: Ermelo-skou, 4 Maart 2016.
• Oos-Kaap: Bathurst-landbouskou, 1 April 2016.
• Noordwes: Vryburg-skou, 6 tot 8 April 2016.
• Sentraal: Tydens die Bloemskou in Bloemfontein.
• KwaZulu-Natal: Datums sal aangekondig word.
• Gauteng: Datums sal aangekondig word.

As jy dink jy het die potensiaal om gekroon te word as die land se beste jong afslaer van 2016, skakel Esmarié Moodie gerus by 076 330 0745 vir meer inligting en om in te skryf. Of stuur ’n epos aan esmarie@veeplaas.co.za.

Gesels gerus saam oor die kompetisie op Twitter by @veeplaas1 en #youngauctioneers.

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY