Tuesday, December 16, 2025

Vetveebeoordelaars vereer presteerders

Estimated reading time: 4 minutes

Die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (Safja) het onlangs sy jaarlikse opleidingskursus, algemene jaarvergadering en prysuitdeling vir 2024 se nasionale karkaskaskompetisiewenners aangebied. Tydens die geleentheid by Platrand Lodge in KwaZulu-Natal is Malcolm Moodie, een van die stigterslede van die vereniging sestien jaar gelede, vereer vir meer as 35 jaar se diens aan vetveebeoordeling.

Die vereniging bied jaarliks ’n opleidingskursus vir aspirantbeoordelaars aan, wat terselfdertyd ook as opknappingskursus vir bestaande beoordelaars dien. Een nuwe junior beoordelaar, Neal White van Bergville, is aangestel. Aspirantbeoordelaars gaan deur ’n streng teoretiese en praktiese opleidingsproses voordat hulle as junior beoordelaars kwalifiseer, waarna hulle by ’n gegewe aantal kompetisies as hulpbeoordelaar moet optree voordat hulle in aanmerking kan kom om ’n senior beoordelaar te word.

Tydens die AJV is ’n nuwe voorsitter, Lubbe Jacobs, verkies. Die nuwe bestuurskomitee is Espee Olivier, Andrew Adams, Duncan Watson, Hennie du Toit en Jan de Jong.

Neal White van Bergville is bevorder tot junior vetveebeoordelaar. Hy word deur Lubbe Jacobs gelukgewens.

Die wenners in die onderskeie kategorieë is as volg:

  • Enkelbeeskarkas – Ottawa Ranches van Jakkalskop (Bonsmara).
Die nasionale kampioen-enkelkarkas vir beeste was Neil Harvey van Ottowa Ranches by Jakkalskop. Van links is Neil Harvey, en Niel Fourie, bestuurder van Ottowa Ranches.
  • Groepbeeskarkas – OO WEE Boerdery van Jakkalskop (Bonsmara).
  • Enkelskaapkarkas – Boytjie Crispin van Delareyville (Ile de France).
Van links is Lubbe Jacobs; Boytjie Crispin van Delareyville, die nasionale wenner van die enkellamkarkas; en Greg Talbot van Tal-Tec, een van die hoofborge.
  • Groepskaapkarkas – Louwrens Haasbroek van Delareyville, Wit Dorper.
  • Biltongkoei – Willlie de Jager van Stella. Willie het ook gedurende dié geleentheid erelidmaatskap vir jarelange diens ontvang.
Wenner van die biltongkoei-kategorie was Willie de Jager van Stella. Van links is Andrew Adams, Willie de Jager, en Lubbe Jacobs. Willie het ook gedurende dié geleentheid erelidmaatskap vir jarelange diens ontvang.
Die kategorie vir tersiêre instellings is deur Owen Sithole College of Agriculture gewen. Op die foto is Sandile Khanyile, diereproduksiedosent; Jabulani Ngciva, onderhoof; Siyanda Buthelezi, diereproduksietegnikus; en Andrew Adams.
  • Opkomende boer, enkel – Scott Moshane van Sernick.
  • Opkomende boer, groep – Scott Moshane van Sernick.
Die wenner van die karkaskompetisie vir opkomende boere, beide enkel- en groepkarkasse, is Scott Moshane van Boshoff. Van links is Andrew Adams, Safja-sekretaris; Scott Moshane; en Greg Talbot.

Die versklillende skoue wat karkaskompetisies aangebied het, is ook beoordeel en die beste skou vir beeste was Underberg-skou, terwyl Delareyville Expo die beste skaapkompeteisie aangebied het.

Volgens die nuutverkose voorsitter van Safja, Lubbe Jacobs, is Safja se missie om produsente op te lei ten opsigte van die eienskappe wat die beste waarde tot ’n karkas toevoeg. Hoewel dit in kompetisie-verband gedoen word, is die wenmotief sekondêr. Dit gaan hoofsaaklik oor wins – watter tipe karkas bring die meeste geld in die sak. – Izak Hofmeyr, Plaas Media

Must read

Chubby Chick: Verdagte aangekla vir dubbele moord

Estimated reading time: 3 minutes Die 73-jarige verdagte, wat verbind word met die Chubby Chick-skietvoorval vroeg in November, is steeds onder polisiebewaking in ’n hospitaal...

RSG Landbou – 16 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons oor handelsooreenkomste met Wolfe Braude van Agbiz en dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad bespreek die wenners...

Wheat farmers financially strained as Section 7 investigation looms

Estimated reading time: 5 minutes The Wheat Forum has applied for the establishment of a Section 7 Committee to conduct a comprehensive investigation into the...

Agri X Fusion 2026 to align research and industry for the future of South...

Estimated reading time: 2 minutes Agri X, in partnership with the North-West University (NWU), will host the Agri X Fusion Red Meat Value Chain Event...

RSG Landbou: 15 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr...