Die Hoëveld Veilingsentrum net buite Standerton, is ‘n nuwe ontwikkeling wat sedert dag een waardevolle dienste aan veilingshuise bied. Dit is ‘n mengelmoes van diere, telers en afslaers, en is ‘n duidelike voorbeeld van ‘n bedryf wat weet waarheen hy op pad is. Frik Verster, streeksbestuurder van BKB Van Wyk in die Hoëveld-streek, gesels in hierdie aflewering van AgriOnAir oor die sentrum se ontstaan en aktiwiteite. Luister hier na die onderhoud.

Wie is BKB?

#Verhoog verdienste. By BKB is daar vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart vooropgestel.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur BKB. Besoek hulle webwerf hier.