Veeplaas

Veeplaas is ‘n veekundige vaktydskrif wat na landbou kyk deur die oë van die veeboer. Die tydskrif fokus op dit wat die veeboer se sak raak en bly weg van politiek. Of jy nou ‘n beesboer, skaapboer, bokboer, wolboer, melkboer of wildboer is – ons is die tydskrif vir jou!

Lees Veeplaas in Junie

Lees Veeplaas in Junie

Die finansiering van lewendehawe bly ’n taai toffie en boere raak rooi onder die kraag oor finansierders wat huiwerig is om finansiering toe te staan, weens aspekte soos sekuriteit en dies meer. In hierdie uitgawe vra ons die vraag of daar al lig in die tonnel is en kry ons meer inligting oor die beskikbaarheid, al dan nie, van nuwe opsies.

Sien ook uit na artikels oor:

• Koeivoeding in die kalfseisoen.
• Terugvoer vanaf Skaapskool 2018.
• Wetenskaplike teelbeleid.
• ‘n Besoek aan Onderstuin Merino’s.
• Die invloed van kampuitleg op dierevoeding.
• Ons besoek Glyton Jerseys
• Die sleutel tot wins uit die wildwaardeketting.
• Koeivoeding in die kalfseisoen.
• Die wetenskap van kruipvoer.
• Seleksie op grond van genetiese meriete.
• Skaaprbrandsiekte bedreig die wolbedryf.
• Koei gesondheid in die kalfseisoen.
• Peervormige maagslak.
• Soönotiese tuberkulose by mens en dier.
• Prysonderhandeling van insette.

Teken in op ons digitale weergawe

Teken in op ons gedrukte weergawe

Kontak Beauty Mthombeni op 064 890 6941 of  beauty@plaasmedia.co.za. Of SMS jou naam en “Inteken” na 064 890 6941.