Die Veeplaas skole-kuddeprojek se Unicom Braunvieh-stoet is reeds gedurende Bloemskou 2017 bekendgestel met ’n simboliese oorhandiging aan leerlinge en onderwysers van die skool. Kort ná die skou is plan gemaak om die verse by die Unicom landbouskool te vestig, en verskeie telers het self diere daar gaan aflaai. Al die diere wat vir die projek beskikbaar gestel is, is deur verskeie Braunvieh-telers geskenk. Alle diere is nou afgelaai en word goed deur die skool versorg.

Die Unicom landbouskool is naby Tweespruit in die Vrystaat. Die skool het genoeg weiding om eendag ’n groot kudde te huisves en mik dus om die Veeplaas Unicom Braunvieh-stoet vinnig uit te brei. Die skool het ook reeds van hul eie vroulike Braunvieh-diere gekoop om meer momentum aan die projek te gee.

Diere is deur die volgende telers geskenk:

  • Hans Bester en dogters, Witbek Braunvieh, Vrede
  • Kobus Bezuidenhout, Swartbult Braunvieh, Brandfort
  • Fanie Els, Els Braunvieh, Excelsior
  • Christopher Havenga, CDH Braunvieh, Pertrusville
  • Sampie Rossouw, Rossouw Braunvieh, Olifantshoek
  • Leon Strauss, LSS Braunvieh, Luckhoff
  • Ben Mills, Milbank Braunvieh, Barrydale
  • Hampie van Zyl, Beaulieu Braunvieh, Kathu
  • Gawie en Willem Naudé, Eduan Braunvieh, Barkly-Oos

Baie dankie aan elke betrokke teler. Dankie ook aan die borge wat by die skool se projek betrokke is – Standard Bank, Taurus en Allflex. – WA Lombard, Veeplaas

Lees hier oor projekte by ander skole:

Veeplaas se Hugenoot-stoet vind tuiste in Balfour

Veeplaas Dexter-stoet kry ’n tuiste

Weston Landboukollege ontvang tien Beefmasterverse

Brafords nou deel van kurrikulum by Morgenzon Landbou-akademie

Veeplaas Blouskool Santa Gertrudis-stoet gevestig

Veeplaas stoetvee-projek kry momentum.

Veeplaas stoetveeprojek bekendgestel

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY