Veeplaas is trots om aan te kondig dat daar nog ’n stoet in die Veeplaas stoetvee-projek gevestig is. Die projek se Braford-stoet sal vir die verloop van die projek by Morgenzon Landbou Akademie gehuisves word. Daar is reeds in Mei tydens die Braford Nasionale Veiling aangekondig dat die stoet op die been gebring gaan word, en die stoet se eerste koeie en kalwers is op 25 Julie by die skool verwelkom.

Die Braford genootskap het besluit om een leerling op die raad van die genootskap te plaas sodat eerstehandse ondervinding opgedoen kan word oor die ras en die besluite wat geneem word. Leerlinge van die kademie het reeds met ’n Braford bul begin deelneem aan jeugskoue en goeie resultate behaal. Die Nasionale Landbou Jeugskou vind ook vanjaar plaas by Morgenzon Landbou Akademie tussen 2 en 6 Oktober. – WA Lombard, Veeplaas

Vir meer inligting, besoek gerus die webwerf.

Lees meer oor die Veeplaas-stoetveeprojek hier.

Veeplaas stoetveeprojek bekendgestel

Klik hier vir nog landbounuus.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY