Veeplaas Desember fokus op die jeug

0
74

Die landbou het getransformeer tot ’n baie uitdagende en komplekse bedryf. Suskes in dié bedryf verg innoverende denke, alternatiewe metodes en produkte, asook genoeg kennis, deursettingsvermoë en optimisme. Jong gegradueerdes in landbourigtings is nodig om hierdie nuwe boerdery-mentaliteit te verstaan en te bevorder met die ondersteuning van nuwe tegnologie, navorsing en kennis. So skryf Phillip Oosthuizen van Sernick oor die wedersydse waarde wat die landbou en die jeug vir mekaar kan inhou.

Veeplaas besef voorwaar die belangrikheid van die jeug vir landbou en sluit daarom in sy Desember-uitgawe ‘n spesiale fokus op die jeug in.

Dit sluit in:

  • Vier bladsye terugvoer oor die 2017 Nasionale Jeugskoukampioenskap.
  • ‘n Artikel oor die toekoms van die landboujeug in Suid-Afrika deur Phillip Oosthuizen.
  • ‘n Vertelling deur Frikkie Maré oor sy kinderherinneringe van die plaas.
  • ‘n Artikel oor landbou as die hartklop van Die Hoërskool Wagpos.
  • ‘n Lekkerlees babawarboel-storie deur Koos du Pisanie.

Klik hier om te sien wat jy nog in die Desember-uitgawe van Veeplaas kan verwag.

Kry jou eksemplaar by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Om in te teken op #Veeplaas, kontak Beauty Mthombeni by 062 890 6941 of epos beauty@plaasmedia.co.za. Of SMS jou naam en “Inteken” na 062 890 6941.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY