Monday, December 15, 2025

Veeplaas Desember 2025

Estimated reading time: 2 minutes

In die Desember-uitgawe van Veeplaas kan lesers uitsien na ’n uitgawe propvol oplossings, wenke, slim produksiepraktyke, en praktiese insigte om die seisoen se uitdagings met groter vertroue en kundigheid aan te pak.

Suid-Afrika is die grootste uitvoerder van alle Afrika-lande en juis daarom het die Verenigde State besluit om die hoogste invoertariewe, alom bekend as die Trump-tariewe, op Suid-Afrikaanse goedere toe te pas. Vir die landboubedryf is uitvoer noodsaaklik, aangesien heelwat plaaslike produkte uitgevoer word. Die tariewe plaas dus spanning op Suid-Afrika se landbouprodusente en ander waardekettingrolspelers. Lees meer in hierdie uitgawe.

Die goue reël vir ’n winsgewende skaapstoetery in die Karoo? ’n Bloedlyn wat die beste genetiese eienskappe van geslag tot geslag oordra, sê Groep 3 Merino’s. Veeplaas het by Theo Potgieter op Zuurplaats tussen Graaff-Reinet en Murraysburg gaan aanklop om die geheim agter dié produsente se suksesvolle Merino-veilingsramme te ontdek.

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) voldoen nou aan internasionale ISO 9001-standaarde en het ook ’n RPO-gehaltebestuurstelsel geregistreer. Hierdie stelsel sal binnekort as deel van ’n ‘plaas-tot-bord’ ISO-gesertifiseerde skema vorm. Deur ISO 9001 en die RPO-skema toe te pas, poog die RPO om te verseker dat Suid-Afrikaanse rooivleis nie net aan die plaaslike standaarde voldoen nie, maar ook op uitvoermarkte kan meeding. Hierdie uitgawe van Veeplaas bevat meer inligting hieroor.

Vlieë en brommers het ’n groot invloed op vee se gesondheid en produksie, en kan onder andere tot gewigstoename lei, melkproduksie verlaag en weiding tot so mate ontwrig dat dit swak voeding tot gevolg het. Boonop is hulle draers van mikrobes, bakterieë en swamme wat toerusting, voer en eiers met braaksel of ontlasting besoedel. Lees wat dr Louis Boag, hoof van verkope (herkouers) by Elanco Suid-Afrika, oor hierdie bedreiging vertel.

Produsente in die winterreënval- of Mediterreense klimaatstreek van Suid-Afrika, maak dikwels van gewasrotasie gebruik om hul gewasverbouingstelsels te diversifiseer. Omdat hierdie streke slegs een produksieseisoen per jaar het, is dit vir baie produsente moeilik om diversifikasie deur middel van dekgewasse te bewerkstellig. Dit impliseer dat hulle moontlik ’n kontantgewas-oes moet opoffer. ’n Oplossing hiervoor is om ’n veefaktor te gebruik om die dekgewas te benut, sodat ekonomiese waarde geskep kan word ondanks die verlies aan die kontantgewas-oes. Blaai na die voer- en weidingsafdeling van Veeplaas om meer hieroor te lees.

Die Desember-uitgawe van Veeplaas is nou beskikbaar by jou naaste handelstak of www.magzter.com. Veeplaas kan ook as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/gvrc/ afgelaai word. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941.

Elke happie tel: Presisievoeding vir optimale produksie

Estimated reading time: 6 minutes Elke produsent het die behoefte om meer winsgewend en volhoubaar...

Flies and blowflies: A serious threat to cattle health

Estimated reading time: 4 minutes Several fly species negatively affect cattle productivity, including biting flies...

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...

Oilseeds Focus December 2025 

The December issue of Oilseeds Focus explores South Africa’s fertiliser use, smart cultivar choices for profitable...