Op 24 Augustus 2016 is die eerste vyf verse van die Veeplaas Blouskool Santa Gertrudis-stoet by die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) afgelaai. Die stoet sal vir die verloop van die projek by die Blouskool op Kroonstad gehuisves word.

Graad 10-leerlinge van die Blouskool het saam met die vestiging van die stoet, ’n beeskursus onder leiding van Johan Malan, rasdirekteur van die Santa Gertrudis Beestelersgenootskap van Suid-Afrika, gedoen. Santa Getrudis-teler, Herman Kleynhans het ’n stoetbul na die skool gebring om praktiese demonstrasie aan die leerders voor te hou sodat die teorie van die kursus prakties toegepas kon word. Die leerders moes na afloop van die opleiding die skool se nuwe stoetverse op hul eie evalueer. – WA Lombard, Veeplaas

 

Vir meer inligting oor die Blouskool klik hier.

Vir meer inligting oor Santa Gertrudis SA klik hier. 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY