HomePlaas TVPlaas TV: Aasvoëls, ontwikkeling, suiwel, onkruid en uitvoere

Plaas TV: Aasvoëls, ontwikkeling, suiwel, onkruid en uitvoere

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Dr Gerhard Verdoorn van die Griffon gif-inligtingsentrum, gee perspektief oor ‘n geval waar 25 aasvoëls onlangs in die Kalahari vergiftig is, en die nagevolge daarvan.
  • The Sernick Annual Farmers’ Day for Emerging Farmers will be held on 9 February 2024 at the Sernick farm near Edenville in the Free State. This day is hosted by SerDev, a company within the Sernick Group that is dedicated to developing Africa’s producers of tomorrow, today. Patrick Sekwatlakwatla and Jerome Topley tells us more.
  • Inskrywings is oop vir die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land. Die 2024 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe word vanjaar vir die 191ste keer aangebied. Breyton Milford van Agri-Expo vertel ons nou meer.
  • ‘n Gesprek oor die Amaranthus groep wat in SA voorkom met prof Charlie Reinhardt, professor in onkruidwetenskap by die universiteite van Noordwes en Pretoria. Die Palmer misbredie en Kaapse misbredie kom in gesprek vandag in die ateljee.
  • The impact of Cape Town port delays on fruit exports is worsening, and the industry is currently facing millions in losses. Wolfe Braude gives some perspective on the extent of this issue, and which industries are affected by these backlogs.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

Must Read

RSG Landbou: 4 September 2024 – geborg deur MSD

Die belang van omgewingsreg en -bestuur vergroot namate omgewingskwessies dringender raak. Hierdie onderwerp het onder bespreking gekom tydens Agbiz Grain se 8ste SHEQ-virtuele werksessie....