Monday, December 15, 2025

Van SA na die VSA: Landbou in die soeklig op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Dis amper weer tyd vir een van die hoogtepunte op die Bonsmara-kalender – die 2025 nasionale veiling en Rooi Ras-geleentheid wat in Maart plaasvind. Louis Steyl brei nou hieroor uit, asook wat die res van 2025 vir die ras en sy telers inhou.
  • Oorweeg jy as produsent om Suid-Afrika vir Amerika te verruil of bly jy op die Afrika-kontinent vasgemaak? Dít is ‘n vraag waarmee heelwat produsente waarskynlik op die oomblik worstel. Deon Bosch, ‘n Suid-Afrikaanse produsent wat vir bykans ‘n dekade reeds in die VSA boer, deel praktiese inligting oor dié onderwerp.
  • Die 193ste Swellendam-skou is vanjaar onder reënerige omstandighede aangebied, maar dié skou, wat ook die oudste in die Suidelike Halfrond is, was nietemin suksesvol. Plaas Media se Hugo Lochner het by rolspelers gaan aanklop oor hul indrukke van dié geleentheid.
  • Die Hanekoms van Welgemeen Boerdery het ‘n uitstekende jaar agter die blad, en is beloon met verskeie trofeë by Ceres Fruit Growers se jaarlikse toekenningsfunksie. Hannes vertel ons nou wat alles in hul guns tel, en ook hoe hulle dit regkry om so goed te vaar – veral met kultivars soos BigBucks Gala en Abate Fetel.
  • Lewerslak is ‘n parasitiese wurm wat groot ekonomiese verliese veroorsaak. Dié parasiet kom regoor Suid-Afrika voor en hul getalle neem veral in die laatsomer en herfs toe. Dr Danie Odendaal gee nou raad.

Must read

Samic: Protector of red meat quality

Estimated reading time: 5 minutes If you thought the South African Meat Industry Company (Samic) is just about carcass competitions, think again. The company’s primary...

Chubby Chick skietvoorval – tweede direkteur sterf

Estimated reading time: 6 minutes Deon Fourie, mede-direkteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is vanoggend (14 Desember) in 'n Gauteng-hospitaal oorlede. Die nuus is deur...

Voer oppad na kurkdroë Boesmanland

Estimated reading time: 3 minutes Terwyl swaar reënbuie die afgelope tyd oor groot dele van Suid-Afrika neergesak het, het daar nog geen betekenisvolle reën in...

BEK-oorwinning laat Wes-Kaap juig

Estimated reading time: 3 minutes Wes-Kaap kan BEK-beeste begin slag Agri Wes-Kaap (AWK) en die Rooivleisprodusente-organisasie Wes-Kaap (RPOWK) bevestig dat daar geen verdere uitbreking van bek-en-klouseer...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 49 of 2025

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...