Mertech Cable & Wire

Mertech Cable & Wire is ’n spesialis-verskaffer van ’n reeks produkte wat uiterste toestande kan weerstaan en aan spesifieke kriteria voldoen, veral in die landbousektor.

Mertech Cable & Wire word beheer deur Mertech Marine wat in 1998 gestig is. Dit is die eerste onderneming in die wêreld om uitgediende ondersese telekommunikasiekabels op ’n omgewingsvriendelike manier te herwin.

Mertech Cable & Wire bemark en verkoop staalkabel- en draadprodukte wat van dié ondersese telekommunikasiekabels herwin is. “Hierdie produkte bied aan die landboubedryf ’n ekonomiese alternatief en boonop reusebesparings,” sê Arnold Louw van Mertech Cable & Wire

 ‘n Dropper wat sy werk doen

Op sy plaas naby Citrusdal, vertel Johan Kotze dat Mertech Cable & Wire se dropper baie goed werk by die drade wat hy op sy plaas moes span. “Die dropper is geriffel en ook bedek met ‘n rubber neoprien-omhulsel wat baie handig te pas kom met die bind van draad, aangesien dit verhoed dat die drade op- en afskuif. ‘n Groot voordeel is ook dat Mertech my van enige lengte dropper kan voorsien, afhangend van my behoefte, wat beteken dat ek dit onder enige omstandighede op die plaas kan gebruik.”

Saam met die dropper gebruik Kotze ook Mertech Cable & Wire se ‘offset bracket’ vir die elektriese heinings op die plaas. “Wat hier baie lekker is, is dat die hakie in ‘n standaard grootte kom wat beteken dat ek dit in kombinasie met ander produkte kan gebruik,” se Kotze.

Volgens Louw word die hakie van 3,4mm draad gemaak wat uit ‘n spesifieke soort kabel herwin word. “Die hakie maak voorsiening vir ‘n lewendige en gronddraad, anders as die gewone enkele ‘offset bracket’ wat groter doeltreffendheid van elektriese heinings kan meebring.”

Op die vraag hoekom hy van Mertech gebruik sal maak, antwoord Kotze dat dit deesdae in die boerdery noodsaaklik is om na kostebesparing te kyk. “Met Mertech se produkte kon ek ongeveer die helfte op die insetkoste vir my heinings spaar.”

Louw beklemtoon dat Mertech Cable & Wire se produkte bekostigbare alternatiewe vir noodsaaklike infrastruktuur op die plaas bied en dus ‘n groot impak op die beursie kan hê.

 ‘n Verskeidenheid produkte

Mertech Cable & Wire het beide ‘n 6mm en 7mm kabel wat doeltreffend vir die bou van beeskrale, die opsit van haelnette in vrugteboorde en talle ander gebruike op die plaas ingespan kan word. Dit is topgehalte hoë-spanning staaldraad. Die 6mm kabel se breekkrag is 5,2 metrieke ton en die 7mm kalbel se breekkrag is 7,9 metrieke ton.

Die span herwin ook kabels waarvan die koper in die middel van ‘n staalkabel is. Aangesien die koper ook herwin word, moet die staal verwyder word. Daar is besluit om ook van dié draad gebruik te maak en ‘n praktyk is ontwikkel waardeur die draad individueel van die kabel af gedraad word en vir ‘n verskeidenheid gebruike aangewend kan word. Draad met deursnee van 0,75mm, 1mm, 1,2mm, 1,3mm, 1,4mm, 1,6mm, 1,8mm, 1,9mm en 2,64mm word hierdeur beskikbaar gestel.

Dié drade word ook gebruik om binddraad te vervaardig. Dit word deur ‘n induksieproses gesit, warm gemaak en buigbaar gemaak sodat dit as bindraad gebruik kan word. Ander produkte sluit ook in die ‘turn (straight) and peg’-draad wat gebruik word om jong wingerdstokkies op te lei na die kordondraad toe. Dit kan ook gebruik word vir sitrusboompies en baie ander tipes vrugtebome.

Nog ‘n baie nuttige produk is die gegalvaniseerde anker wat baie nuttig by die kop en ente van wingerd of boordrye gebruik kan word.

Volgens Louw is dit vir Mertech Cable & Wire baie belangrik om boere op die plaas te besoek om behoeftebepalings te doen en te bepaal waar Mertech se produkte vir elke boer van hulp kan wees.

Vir meer inligting, skakel 081 549 1109 of 021 981 8266 of 076 784 3205. Alternatiewelik, stuur ’n epos aan info@mertechmarine.co.za of besoek die webtuiste www.mertechmarine.co.za.

Mertech Cable & Wire op Grootplaas

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY