Die volgende in ’n reeks streeksrondtes van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is tydens die onlangse Val-boeredag gehou. Deelnemers het meegeding om ’n plek by die nasionale rondte, wat later vanjaar tydens ALFA 2017 gehou word.

Drie deelnemers, Petri Janse van Rensburg, Erik Heymans en Billy Lyons, het in die kategorie vir jong afslaers deelgeneem. Dié kategorie fokus op deelnemers van 19 tot 30 jaar en is vir enigiemand, hetsy die persoon reeds opleiding in die afslaersberoep gehad het of nie, wat die kompetisie as platform wil gebruik om dié beroep te betree.

Van links is Albert Loubser van Veeplaas, Billy Lyons, Erik Heymans, Petri Janse van Rensburg, Stefan Krause van TWK Toyota op Standerton en die beoordelaars, Nico Langeveldt en PM Swart.

Die deelnemers is deur PM Swart van CMW en Nico Langeveldt van BKB Louwid beoordeel. Na strawwe kompetisie is Billy Lyons as die wenner aangewys. Hy dring dan saam met die wenners van die ander streeksrondtes deur na die nasionale rondte by ALFA 2017. Volg die skakels onder aan die blad om meer oor die ander finaliste te lees. – Marike Brits, Veeplaas

Billy Lyons in aksie op die rostrum:

Royal Show delivers KZN Toyota SA #youngauctioneers finalist

Nog ’n finalis in 2017 Toyota SA #youngauctioneers

2017 Toyota SA #youngauctioneers kry eerste finalis

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY