#youngauctioneers
Van links is Lovemore Matavire en Frans Best vanSanddrift Simmentalers, Johan Odendaal van Obaro, Christo Martin, Thea Oberholzer van Obaro en Corrie Appelgryn. Heel regs is Devan Quinn.

As deel van die streekgeleenthede van die Toyota SA Nasionale Jong afslaerskompetisie is ’n skole-uitdaging tydens die onlangse Wagpos Boerefees gehou. Leerlinge kon dié geleentheid gebruik om vir die junior-kategorie van die Toyota SA Nasionale afslaerskompetisie te kwalifiseer.

Christo Martin in aksie,

Christo Martin en Corrie Appelgryn van Hoërskool Bekker naby Magaliesburg het dié geleentheid benut en het albei vir die nasionale rondte by ALFA 2017 gekwalifiseer. Hulle is deur Johan Odendaal, ‘n privaatbeoordelaar, en Thea Oberholzer van Obaro beoordeel. Die beoordelaars het Christo as die wenner op die dag aangewys en beklemtoon dat hulle baie beïndruk is deur albei seuns se vermoëns op die rostrum.

Die leerlinge het in ’n kammaveiling diere van

Corrie Appelgryn in aksie.

Frans Best se Sanddrift Simmentaler-stoet opgeveil en moes twee lotte soos ’n ware veiling hanteer.

In haar kommentaar het Thea gesê dat albei seuns groot potensiaal vir dié beroep toon. Sy het hulle aangeraai om van tegniese aspekte van die veiling seker te maak, op die beskrywing van die diere te fokus en so natuurlik as moontlik te probeer opveil.

Christo en Corrie sluit by ander deelnemers aan wat reeds in die jong- en junior-kategorie gekwalifiseer het en sal sake in September by ALFA 2017 uitspook. – Marike Brits, Veeplaas

Kyk hier na videos van die deelnmers enaksie en die beoordelaars se kommentaar:

Val Boeredag lewer #youngauctioneers-finalis op

Royal Show delivers KZN Toyota SA #youngauctioneers finalist

Nog ’n finalis in 2017 Toyota SA #youngauctioneers

2017 Toyota SA #youngauctioneers kry eerste finalis

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY