Monday, December 8, 2025

Trekkerverkope lig sy kop

Estimated reading time: 3 minutes

Suid-Afrikaanse trekkerverkope het almal in Julie vanjaar verras toe daar byna 34% meer trekkers as in Julie 2024 verkoop is. 

Willie Human, voorsitter van die Suid-Afrikaanse landboumasjienerie-assosiasie (Saama) sê die vorige jaar was oor die algemeen ’n swak jaar en daar was in Julie 2024 altesaam 563 trekkers en 8 stropers verkoop. In dieselfde maand vanjaar is 753 trekkers en 6 stropers verkoop. 

Hoewel daar twee stropers minder in Julie 2025 as in Julie 2024 verkoop is, is daar ’n 27%-verhoging in die verkope van stropers in die eerste helfte van die jaar. In die afgelope jaar tot Julie was daar altesaam in 4 315 trekkers verkoop teenoor die 3 499 wat oor dieselfde tyd verlede jaar verkoop is. Willie sê hoewel hulle ’n effense afname van trekkerverkope na die einde van die jaar verwag, dui die huidige ramings steeds daarop dat trekkerverkope teen die einde van die jaar 10% meer as verlede jaar kan wees.  

Só lyk Suid-Afrika se landboumasjienerie verkope vir die jaar tot Julie 2025. (Bron: SAAMA)

Somergewasseisoen lyk gunstig

Aan die begin van die jaar was die boere baie positief oor die oesuitslae en volgens Human kan daar vanjaar ’n goeie mielie-oes verwag word. Hy voeg egter by dat die reën baie laat gekom het en baie lank aangehou het, en dat die mielieseisoen na regte met omtrent twee maande aangeskuif het. Omdat landerye nog baie nat is, sukkel boere om klaar te stroop. Al die reën het ook veroorsaak dat die graad van mielies afgeneem het, maar hy is steeds positief dat boere die jaar sal oorleef. 

“Die aanplant van gewasse in die winterreënvalstreek sal na raming soortgelyk wees as verlede jaar en met die winterreën wat tot dusvêr geval het, lyk die gewasproduksievooruitskouing op die oomblik goed. Met die grondwatertafels wat hoog is na die somerreën en die reën wat laat in die somer geval het, lyk vooruitsigte vir die komende somergewasseisoen oor die algemeen gunstig.

Oeste, veral mielieoeste, is vanjaar laat en boere gaan onder druk wees om betyds klaar te oes, landerye voor te berei, en aan te plant vir die nuwe seisoen wat voorlê,” sê Human. Boere wat hul trekkers betyds bestel het gaan die nuwe seisoen dus goed begin.

Lees hier meer oor die nuutste verslag deur die oesskattingskomitee.

Hy glo dat verhoogde trekkerverkope ’n goeie aanduiding is dat die boere vertroue in die toekoms van landbou het, ten spyte van die moontlike finansiële terugslag wat hulle vanjaar beleef omdat die graad van mielies in sekere areas swakker was. – Koos du Pisanie, Plaas Media

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...

Oilseeds Focus December 2025 

The December issue of Oilseeds Focus explores South Africa’s fertiliser use, smart cultivar choices for profitable...

Stockfarm December hits the shelves

The December 2025 edition of Stockfarm shines the spotlight on the resilience and adaptability...

Trust and muffins lead the way

Estimated reading time: 4 minutes In any business, communicating in silos is the main cause...