Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie 2016

0
817

Dis weer tyd vir die jaarlikse Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie. Ná ’n uiters suksesvolle kompetisie in 2014 en 2015, gaan die Veeplaas-span weer die land platry op soek na die land se beste jong, aspirant- en skolier-afslaers. Die eerste promosieveilings skop in Maart af. Wees op die uitkyk vir die Veeplaas-span en die naaste Toyota-handelaar by die weekveilings in die onderskeie dorpe.

Streekskompetisies sal daarna plaasvind, waarna die wenners na die nasionale kompetisie by die Nampo-oesdag (17 tot 20 Mei 2016) deurdring. Die Wes-Kaap streekskompetisie is reeds tydens die Livestock Expo in Oktober 2015 gehou en die Namibiese kompetisie het
tydens die Windhoek-skou plaasgevind.

Kategorieë
• Junior kategorie: Onder 18 jaar.
• Jong kategorie: 19 tot 25 jaar.
• Oop kategorie: Vir enige deelnemer wat nie in
bogenoemde kategorieë kwalifiseer nie.
Streekskompetisies
• Mpumalanga: Ermelo-skou, 4 Maart 2016.

• Oos-Kaap: Bathurst-landbouskou, 1 April 2016.
• Noordwes: Vryburg-skou, 6 tot 8 April 2016.
• Sentraal: Tydens die Bloemskou in Bloemfontein.
• KwaZulu-Natal: Datums sal aangekondig word.
• Gauteng: Datums sal aangekondig word.

As jy dink jy het die potensiaal om gekroon te word as die land se beste jong afslaer van 2016, skakel Esmarié Moodie gerus by 076 330 0745 vir meer inligting en om in te skryf. Of stuur ’n epos aan esmarie@veeplaas.co.za.

Gesels gerus saam oor die kompetisie op Twitter by @veeplaas1 en #youngauctioneers.

Luister hier wat Albert Loubser, redakteur van Veeplaas oor die kompetiesie te sê gehad het op RSG Op die Veepos.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY