Toyota SA borg weer Jong Afslaerskompetisie

0
848

Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is vir die eerste keer vier jaar gelede deur die landboutydskrifte, Veeplaas en Stockfarm, aangebied. Toyota SA het pas bevestig dat hy ook in 2017 as naamborg van die kompetisie sal optree. Die 2017-rondte van die kompetisie is reeds op dreef met ‘n reeks promosieveilings wat regoor die land gehou is om bewustheid van die kompetisie te skep. Die eerste van tien streeksbyeenkomste skop in Maart vanjaar af. Dit is tydens dié streeksbyeenkomste dat deelnemers vir die nasionale rondte, wat by ALFA 2017 in Parys in die Vrystaat gehou sal word, kan kwalifiseer. Die eerste streeksbyeenkoms is op 3 Maart 2017 tydens die Ermelo-skou.

Verdere byeenkomste:

April Lichtenburg-skou
April Bloemskou
Mei Royal-skou
Junie Marlow Landbouskool-boeredag
Junie Boland Landbouskool
Augustus Upington-skou
Augustus Jacaranda-skou

 

Meer inligting volg later. Kontak Tiaan Herbst by epos tiaan@veeplaas.co.za of sel 060 370 1429 met navrae.

Lees meer: 

Laat die hamers val in 2017

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY