Die finaliste in die verskillende afdelings van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie wys tydens Nampo hul staal op die rostrum. Die deelnemers in die junior afdeling was eerste aan die beurt en vyf toekomstige afslaers onder die ouderdom van 19 jaar het hul beste vaardighede ten toon gestel. Elke deelnemer het vier lotte in ’n kammaveiling opgeveil. Die diere is deur Eran Limousins beskikbaar gestel en deur leerders van die Mpumalanga-jeugskou hanteer.

Volgens die beoordelaars, Andre van Zyl en Mario Kruger, beide van CMW/OVK, het die deelnemers hope talent en potensiaal om in die afslaersbedryf te werk. “Elkeen het verskillende sterk punte en kan met harde werk en mentorskap baie goeie afslaers word,” sê Andre.

DSC_2728Die beoordelaars het Hertie Lerm as die beste junior afslaer op die dag aangewys en hom geloof vir hoe goed afgerond hy op die rostrum is.

Die volgende afdelings kom op 18 en 19 Mei tydens Nampo aan die beurt. Kom wees deel van die aksie daagliks vanaf 14:00 in die veilingslokaal by Nampopark. – Marike Brits, Veeplaas

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY