Tokara Cabernet Sauvignon kraai koning by 2022 Veritas-toekennings

Estimated reading time: 4 minutes

Groot hoogtepunte is tydens vanjaar se 32ste Veritas-toekennings bereik met nog ’n rekord aantal medaljes aan bekende handelsmerke sowel as nuwelinge. Die 2019 Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon het die top trofee vir die beste wyn verower.

Ander sterre by die Veritas-toekennings was Distell met sewe dubbel goud-wyne. Hierdie wyne sluit Nederburg se vyf dubbel goud-medaljes as beste kelder in, gevolg deur KWV, Spier, Kleine Zalze en Wellington Wyne kort op hul hakke met vier dubbel goud elk. Distell het ook met die louere in die brandewynkategorie weggestap, met vyf dubbel goud-medaljes, waaronder Van Ryn se drie dubbel goud.

Lees meer oor Vinpro se verslag oor wyntoerisme.

Drie wynmakerye het ook presteer met drie dubbel goud elk, naamlik Benguela Cove, Cilmor en De Grendel, terwyl 11 kelders elk twee dubbel goud ontvang het.

Duimpie Bayly Vertex-toekenning

Die groot hoogtepunt van die geleentheid, soos ook in die afgelope vyf jaar, was die oorhandiging van die Duimpie Bayly Vertex-toekenning (vernoem na dié legendariese bedryfsrolspeler) vir die algehele kampioenwyn uit 1 312 inskrywings.

Die handgemaakte glastrofee is aan Tokara – keldermeester Stuart Botha en sy span – oorhandig vir hul 2019 Tokara Reserve Collection Cabernet Sauvignon. Dit is die derde keer dat ʼn rooiwyn hierdie top toekenning sedert die instelling daarvan, inpalm.

Die bekende Nederburg-kelder se veelsydigheid is bewys met die meeste dubbel goue medaljes vir vyf van sy wyne. Hulle was die Philippus Wolvaart The Anchorman Chenin Blanc 2014, Nederburg Two Centuries Cabernet Sauvignon 2012, en drie edellaatoes wyne, Private Bin Edelkeur 2011 en 2013, asook die The Winemasters NLH 2018. Daarbenewens het Nederburg ook drie goue medaljes gewen.

Die meeste dubbel goue medaljes per kategorie, naamlik 12, het aan Sauvignon Blanc gegaan, gevolg deur Rooi Versnit-wyne met nege, en Chenin Blanc en Cap Classique met agt elk.

Die Veritas-toekennings het vanjaar 1 312 inskrywings gelok, wat deur 70 plaaslike, gesaghebbende spesialiste gedurende ʼn vyf-dag-lange blindeproe-proses beoordeel is. Die panele het, soos die afgelope twee jaar, uit drie lede elk bestaan.

Sewe lewende legendes vereer

Die Veritas-tradisie om jaarliks sedert 2009 bedryfsleiers te vereer, word vanjaar voortgesit. Daarvolgens het sewe leiersfigure die 2022 Lewende Legende Ererol ontvang vir hul toewyding tot die plaaslike wyn- en brandewynbedrywe. Hulle is Peet Engelbrecht, Michael Fridjhon, Angela Lloyd, Beyers Truter, Johann Krige, Ola Olivier en Johannes van Willing, die laasgenoemde wat vir bykans 45 jaar by wynskouhantering betrokke was.

Die top presteerders was soos volg:

Wyn

Distell: Sewe dubbel goud (insluitend 13 goud)

  • Durbanville Hills Collectors Reserve The Cape Mist Sauvignon Blanc 2021.
  • Durbanville Hills Signature Sauvignon Blanc (Woolworths) 2021.
  • Nederburg Philippus Wolvaart The Anchorman Chenin Blanc 2014.
  • Nederburg Private Bin Edelkeur Chenin Blanc NLH 2013.
  • Nederburg Private Bin Edelkeur Chenin Blanc NLH 2011.
  • Nederburg The Winemasters NLH 2018.
  • Nederburg Two Centuries Cabernet Sauvignon 2012.

KWV: Vier dubbel goud (benewens nege goud)

  • KWV The Mentors Cabernet Franc 2012.
  • KWV The Mentors Cabernet Franc Stellenbosch 2019.
  • KWV The Mentors Grenache Blanc 2011.
  • Laborie Blanc de Blancs Brut Cap Classique 2016.

Spier: Vier dubbel goud (vyf goud)

  • Spier 21 Gables Chenin Blanc 2020.
  • Spier 21 Gables Chenin Blanc 2014.
  • Spier 21 Gables Sauvignon Blanc 2021.
  • Spier Seaward Chardonnay 2021.

Kleine Zalze: Vier dubbel goud (drie goud)

  • Kleine Zalze Family Reserve Old Bushvine Chenin Blanc 2015.
  • Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc Sur Lie 2020.
  • Kleine Zalze Family Reserve Shiraz 2012.
  • Kleine Zalze Vineyard Selection Grenache 2021.

Wellington Wyne: Vier dubbel goud (twee goud)

  • La Cave Cape Blend 2019.
  • La Cave Pinotage 2020.
  • La Cave Winemakers Selection Cape Blend 2017.
  • Wellington Wines Duke Chenin Blanc 2022.

Drie kelders het elk drie dubbel goud verower, naamlik Benguela Cove, Cilmor en De Grendel. Daarbenewens het elkeen van hierdie drie kelders ook goud ontvang.

Elf wynmakerye het elk twee dubbel goud ontvang, naamlik Steenberg Wingerde, Flagstone Wyne, Simonsig Wyne, Cederberg Kelder, Durbanville Hills, Welgevallen Kelder, Rainbow’s End Estate, Neethlingshof Landgoed, Delaire Graff Landgoed en Babylonstoren.

In die klas Gesertifiseerde Erfenis Wingerd Wyne, het Neethlingshof Landgoed se The Short Story Collection Maria NLH 2022 ʼn dubbel goud-medalje verower in die afdeling vir ’n wingerd ouer as 35 jaar.

Brandewyn

Distell het in die brandewynkategorie uitgeblink met vyf dubbel goud en een goud. KWV was in die tweede plek met twee dubbel goud en een goud.

Distell se dubbel goud-presteerders was soos volg:

  • Richelieu International Premium Brandy.
  • Richelieu 10 Year Old Vintage Brandy.
  • Van Ryn’s 10 Year Old Single Potstill Brandy.
  • Van Ryn’s 12 Year Old Single Potstill Brandy.
  • Van Ryn’s 20 Year Old Single Potstill Brandy.

Versterkte wyn

Nuy Wynkelder het die voortou geneem met twee dubbel goud en twee goud, gevolg deur Badsberg, Bon Courage en KWV met een dubbel goud elk.

Nuy Wynkelder: Twee dubbel goud

  • Nuy Rooi Muskadel 2000.
  • Nuy Wit Muskadel 2006.

Beste presteerder-klasse

Die beste presteerder in die klas vir tien wyne of minder was Flagstone Wyne, terwyl Kleine Zalze Kelder die beste presteerder vir meer as tien ingeskrewe wyne was. Versterkte wyne, museum- en brandewynklas-medaljes word by hierdie berekening uitgesluit. – Persverklaring, Veritas

Must read

How to prepare for an El Niño drought: Expert tips

Estimated reading time: 5 minutes As South Africa braces for the potential return of El Niño, producers across the country need to be prepared to navigate the challenges that come with this climate phenomenon....

Veldbrande verwoes Daniëlskuil-omgewing

Estimated reading time: 2 minutes Daniëlskuil en omliggende plase is die afgelope week bykans heeltemal deur veldbrande vernietig. Die brand het Maandagmiddag, 18 September, net buite Postmasburg vermoedelik begin toe ’n vragmotor se band...

Free State government invests in producers

Estimated reading time: 3 minutes The Free State Department of Agriculture and Rural Development is taking action to overcome the challenges facing the sector. Member of the executive council (MEC), Saki Mokoena, says the...

SASAS Northern Branch hosts successful student industry day

Estimated reading time: 5 minutes The South African Society for Animal Science (SASAS) Northern Branch recently hosted its annual student industry day. And what an inspirational day it was. Why is a student industry day...

SA Vleismerino Super Ramskou

Estimated reading time: 2 minutes Die SA Vleismerino-telersgenootskap het ‘n super ramskou tydens Nampo Kaap in Bredasdorp, aangebied. Koos de Wet van Graaff-Reinet het die BKB Meeste Punte-toekenning verwerf en is ook as die...