Dié bul is vir die hoogste prys verkoop op die Tendele Simmentalers-veiling. Van links is James Prinsloo, koper, Ian Grobbelaar, afslaer, en Willem Botha, verkoper.

Tendele Simmentalers het hul eerste produksieveiling op 21 September 2017 op die plaas Urania tussen Senekal en Marquard gehou. Diere van hoogstaande gehalte is aangebied. Altesaam 30 bulle, 13 drie-in-een koeie, 22 koeie met kalwers en vier dragtige koeie is vir goeie pryse verkoop.

Veilingsuitslae

  • Gemiddelde prys bulle: R45 800
  • Hoogste prys bul: R90 000 (Koper: James Prinsloo, Jamica Simbras, Volksrust)
  • Gemiddelde prys drie-in-een koeie: R26 000
  • Hoogste prys drie-in-een koei: R36 000 (Koper: Jan Holliday, C Larkzaan Simmentalers, Wolmaransstad)
  • Gemiddelde prys koeie en kalwers: R25 700
  • Hoogste prys koei en kalf: R50 000 (Koper: Danie Erasmus, Vera Simmentalers, Delareyville)
  • Gemiddelde pryse dragtige koeie: R19 750
  • Hoogste prys dragtige koei: R23 000 (Koper: Paul Maas Nawina Simmentalers, Wesselsbron)

Aangebied deur: Vleissentraal Bloemfontein

Afslaer: Ian Grobbelaar

Sien nog veilingsuitslae hier:

Hoogste omset in Limpopo vir Bonsmara-veiling

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY