Syngenta inligtingsdag: Tegnologie as sleutel tot die toekoms

Estimated reading time: 4 minutes

Hierdie jaar het Syngenta vir die tweede keer inligtingsdae op sy proefplaas buite Bethlehem in die Vrystaat aangebied. Die doel was om die nuutste tegnologie aan kommersiële boere te demonstreer. Tydens die geleentheid kon besoekers die verskillende inligtingstasies in groepverband besoek. Onderwerpe soos jongste navorsing rondom snywurm- en aalwurmbeheer, onkruidbeheer, saadkultivars en toedieningstegnologie is behandel.

Volgens Christian Giesel, bemarkingshoof van Syngenta, is tegnologiese ontwikkeling tans baie vinnig en dit is belangrik dat almal in die bedryf daarvan bewus is. “Ons sien nie net hierdie vinnige ontwikkeling by masjinerie nie, maar ook by gewasbeskerming en saadtegnologie. Presisieboerdery is die sleutelwoord en die doel van hierdie inligtingsdae was om ontwikkelinge rondom presisieboerdery ten toon te stel en te wys hoe al die verskillende aspekte, van saad tot oes, by mekaar inskakel.”

Hy meen ook dat dit nie moontlik is vir een maatskappy om ‘n kundige te wees op alle tegnologiese fronte nie. Daarom het Syngenta strategiese vennootskappe met spesialiste op verskillende gebiede gesluit.

“As ons na wêreldtendense rondom bevolkingsgroei kyk, word verwag dat die wêreldbevolking oor die volgende 30 jaar van 8 biljoen na 12 biljoen sal groei, waarvan 49% in Afrika sal wees. Voedselsekerheid in Afrika behoort dus ‘n top prioriteit te wees. Dit is belangrik dat alle beskikbare hulpbronne so goed as moontlik benut word en die enigste manier om dit effektief te doen is deur tegnologie te integreer.”

Lees meer oor die nuwe hoof van Syngenta Seed hier.

Strategiese vennootskappe maak die verskil

Teen hierdie agtergrond het Syngenta ‘n strategiese vennootskap met John Deere gesluit. Hierdie maatskappy, bekend vir sy groen implemente, is sterk tydens die inligtingsdae verteenwoordig. Die tegnologie wat hulle in hierdie implemente ten toon gestel het, was verstommend.

Presisieboerdery pas nie net elke aspek van die produksieproses op die hoogste vlak toe nie, maar die verskillende entiteite kommunikeer met mekaar en integreer al die inligting. Deur middel van slim tegnologie word die bes moontlike oplossings vir ‘n gegewe situasie gebied.

Volgens Hendrik van Staden, eenheidshoof vir sub-Sahara Afrika by Syngenta se saadafdeling, raak beskikbare grond vir produksie al hoe kleiner. Namate die mens se behoefte aan ander gebruike toeneem, sal ons toenemend op tegnologie moet staatmaak om voedsel so effektief moontlik vir ‘n groeiende wêreldbevolking te produseer.

Hentie Breedt bemarkingsbestuurder vir John Deere in Afrika en die Midde-Ooste, beaam die feit dat hierdie uitdaging ʼn realiteit is.

“Die antwoord lê in tegnologie. John Deere is trots op die manier waarop ons verskillende masjiene met mekaar kan integreer en in die proses data kan genereer sodat die beste moontlike bestuursbesluite op grond van hierdie data geneem kan word.

“Ons wêreldwye visie vir 2030 is om te verseker dat John Deere se toerusting aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling sal bly. Daarom spandeer ons jaarliks meer as R40 biljoen aan navorsing en ontwikkeling.”

Syngenta versterk sy saadportefeulje

Syngenta het onlangs die strategiese stap geneem om die saadmaatskappy Sensako oor te neem om sy saadportefeulje te versterk. Sensako is tradisioneel sterk in die koringmark, maar het ook sy fokus op ander gewasse geplaas. Die maatskappy spog met ‘n gesoute span koringdeskundiges, met ongeveer 60% van die mees senior koringtelers as deel van sy span.

Giesel het ook daarop gewys dat hoewel voortdurende navorsing en ontwikkeling en die toepaslike aanwending van tegnologie die sleutel tot die uitdaging is om genoeg voedsel in die komende dekades te produseer, dit die korrekte aanwending van tegnologie wat die deurslag sal gee. Daarom is die byeenbring van spesialiste op verskillende gebiede in strategiese vennootskappe so waardevol en nie net in belang van die voedselbedryf nie, maar van die hele mensdom.– Izak Hofmeyr, AgriOrbit

Must read

Kanola ervaar dinamiese oplewing

Estimated reading time: 7 minutes Die toekoms van die kanolabedryf in Suid-Afrika is vanjaar in een van die sessies van ‘Nasie in Gesprek’ by Nampo Kaap op Bredasdorp bespreek. Groei in die kanolabedryf, hoe...

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – sedert Maart vanjaar het die dam met meer as 50% gestyg. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad gee terugvoer hieroor...

Cream of the crop recognised during yield competition

Estimated reading time: 2 minutes The best of the best was recently crowned at Grain SA’s Grow for Gold Awards ceremony held in Johannesburg. The awards are aimed at giving recognition to producers who...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Get ready for the 2023 ARC National Beef Performers Awards

Estimated reading time: 6 minutes The Agricultural Research Council (ARC) will once again present its National Beef Performers Awards in 2023. This is the 45th instalment of the awards, the aim of which is...