Die Nasionale Dieregesondheidsforum het die afgelope vyf jaar uitstekende werk gedoen om die privaat-openbare vennootskap tussen die rooivleisbedryf en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye te bewerkstellig, sê dr Pieter Vervoort, voorsitter van die forum.

Read it in English.

Die Nasionale Dieregesondheidsforum se suksesverhale sluit die volgende in:

  • In 2013 het die forum die departement gehelp om die uitbreking van bek-en-klouseer in Mpumalanga en KwaZulu-Natal te hanteer.
  • Die forum het ’n belangrike rol daarin gespeel dat die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE), Suid-Afrika in Februarie 2014 tot bek-en-klouseervrye gebied verklaar het.
  • Die Nasionale Dieregesondheidsforum het in 2015 en 2016 met die ondersteuning van die bedryf toegesien dat verskeie uitvoer-vraelyste voltooi is en was ook behulpsaam met die inspeksiebesoeke van verskeie lande wat Suid-Afrika as ’n uitvoerbestemming oorweeg.
  • In 2015 het die forum die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye bygestaan met die ontwikkeling van sy veterinêre strategie en was ook betrokke by ’n landwye toer om dit bekend te stel. Elke provinsie het die geleentheid gehad om ’n bydrae tot die strategie te lewer.
  • Die brusellose-bestuurskomitee is in 2016 in die lewe geroep in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  • Die kompensasiekomitee is in 2016 in die lewe geroep in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  • In 2016 is die werkgroep vir diere-identifikasie, rekordhouding en naspeurbaarheid in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ingestel.
  • Die verkoperdeklarasie-werkgroep is in 2016 in die lewe geroep in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  • Vanjaar is die antibiotiese-werkgroep gestig in samewerking met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  • Die hartwater-entstofkomitee is ook vanjaar gestig in samewerking met die departement en Onderstepoort Biologiese Produkte.

Volgens dr Vervoort is die Nasionale Dieregesondheidsforum trots op die goeie insette van die verskillende provinsiale dieregesondheidsforums. – RPO Nuusbrief

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY