Suid-Afrikaanse melkprodusente het die afgelope tyd gebuk gegaan onder presies dieselfde omstandighede wat melkprodusente elders in die wêreld ook onder druk geplaas het. Volgens dr Koos Coetzee, hoof-ekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO), het die situasie sedert Februarie 2014 tot ongeveer Meimaand vanjaar ’n wending geneem toe internasionale suiwelprodukpryse met sowat 60% gedaal het.

Read this in English.

Hierdie daling het deurgesyfer na produsentepryse regoor die wêreld. Hierdie lae produsentepryse het tot laer produksie gelei, op grond waarvan produkpryse begin styg het. Verder is China weer terug in die mark en dit lyk asof die Europese ekonomie begin kop optel. Hierdie hoër vraag skep dus goeie aanduidings dat produsentepryse ook binnekort na normale vlakke sal terugkeer. – Grootplaas

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY