Stud Book Times Februarie 2025

SA Stamboek het aan die begin van Februarie 2025 ‘n splinternuwe nuusbrief die lig laat sien. Stamboek Times sal voortaan kwartaalliks aanlyn gepubliseer en versprei word. Die doel van hierdie nuusbrief is om lede van SA Stamboek asook enige ander lewendehaweprodusente en veetelers op hoogte te hou van wat in die bedryf aan die gang is, veral die jongste ontwikkelinge en nuus SA Stamboek self.

In die Februarie-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende:

  • Hoe SA Stamboek 2025 afgeskop het.
  • ‘n Insiggewende artikel oor kruisteling deur dr Helena Theron.
  • Bek-en-klouseer vanuit ‘n produsent se oogpunt –verliese, protokolle en ondersteuning, asook advies aan mede-produsente.
  • ‘n Nuwe Stamboek-spanlid het graad gevang.
  • Suretha Francis gesels in ‘n Plaas TV-onderhoud oor voeding se invloed op melkproduksie.
  • SA Stamboek verwelkom ‘n nuwe lid – Wagyu SA!
  • Ontmoet ‘n ware Trailblazer-bul uit die Up George-kudde.
  • Hoof uitvoerende beampte van SA Stamboek, dr Bobbie van der Westhuizen, verduidelik die verskil tussen Bos taurus en Bos indicus in ‘n LandbouRadio-onderhoud.
  • Belangrike datums vir data-inhandiging en genomiese ontledings vir suiwel- en kleinveerasse.

Klik op die PDF hieronder om die volledige nuusbrief te lees.

Om meer oor SA Stamboek en die dienste wat hulle bied uit te vind, besoek gerus hulle webtuiste: https://studbook.co.za/. Vir enige vrae oor die nuusbrief of nuusbrief-inhoud, stuur ‘n e-pos na thalia@studbook.co.za

Metaboliese doeltreffendheid en klimaatslim teelpraktyke

Estimated reading time: 4 minutes Dit verg ’n dier wat kan floreer wanneer toestande gunstig...

Die regte kondisiepunt is geld in die sak

Estimated reading time: 4 minutes Genetika en bestuur speel ’n belangrike rol, maar ons kan...

Slagos-man glo in geharde Santa-staatmakers

Estimated reading time: 6 minutes Om winsgewend te boer, fokus ons op goeie genetika en...

Ensuring soil cover and using cover crops on a livestock farm

Estimated reading time: 6 minutes Producers must realise that they are farming not only above the soil but...