Streeksuitdunne vir afslaerskompetisie voltooi

0
1905
Die Gautengse streeksuitdunne het nog drie finaliste in die oop kategorie en een in die jong kategorie by die lys finaliste gevoeg. Van links is Willem Steyn, Sieg Smit en Cassie Pelser in die oop kategorie, Paul van Vuuren in die jong kategorie, Esmarie Moodie van Veeplaas en die beoordelaar, Jan Smit van André Kock en Seun.

Die laaste been van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is gister tydens die Hoërskool Bekker se jeugskou in Magaliesburg voltooi. Leerlinge van die skool was deel van die veiling vir die kompetisie.

Die finaliste in die Gautengstreek is:

Oop kategorie: Cassie Pelser, Willem Steyn en Sieg Smit.

Jong kategorie: Paul van Vuuren van André Kock en Seun.

Junior kategorie: Gideon Nieman en Christo Martin.

Die finaliste dring deur tot die finale rondte tydens Nampo. Dankie aan Monument Toyota Wes-Rand wat die dag saam met ons geniet het. Dankie ook aan die Hoërskool Bekker, die Gautengse Jeugskou en Johan van Staden van Bonheim Drakensbergerstoet wat diere beskikbaar gestel het vir die afslaerskompetisie. – Ursula Human, Veeplaas

Vir meer fotos en videos kyk hier na die Tweets wat op die dag gemaak was:



NO COMMENTS

LEAVE A REPLY