Standard Bank vergemaklik elektrisiteitsvoorsiening met PowerPulse

Share This Post

Estimated reading time: 4 minutes

Suid-Afrika ervaar die laaste paar maande heelwat verwikkelinge in die energiesektor – ‘n belangrike veranderlike vir die land se landbougemeenskap. Energie en landbou loop uiteindelik hand aan hand.

Volgens Berrie de Jager, hoof van Natuurlike Hulpbronne, Besigheids- en Kommersiële Kliënte by Standard Bank, is die landbouwaardeketting grotendeels energie-intensief. “Jou teikenmark is dikwels iemand wat ‘n eindproduk koop en jou doel is om daardie produk in ‘n bemarkbare vorm te kry. Energie bly dus belangrik vir enige speler in die landboubedryf, en vir ‘n boer is dit dus baie belangrik om daardie energiewêreld te verstaan, asook die koste en die beskikbaarheid van die energie.” Berrie meen beide hierdie komponente het egter onder groot druk gekom, met kragonderbrekings en kostedruk wat toenemend voorkom.



President Cyril Ramaphosa het onlangs verskeie maatreëls aangekondig om die kragsituasie in Suid-Afrika te verbeter. Volgens De Jager behels die implementering hiervan egter ‘n lang proses wat stelselmatig sal plaasvind. Ramaphosa het ongeveer tien aspekte aangespreek, wat breedweg onder drie punte opgesom kan word.

  • Eskom: Hierdie punt het baie aandag ontvang, en volgens De Jager toon vroeë aanduidings daarop dat daar verbetering op dié front is, en dat ontbondeling wel begin plaasvind het.
  • Regering se aankope van nuwe kapasiteit van onafhanklike kragvoorsieners: Die versnelling van hierdie proses is van kardinale belang. Die kragvoorsieners sluit in grootskaalse energieprodusente wat elektrisiteit aan die netwerk verkoop, spesifiek aan Eskom onder langtermyn kontrakte.
  • Die desentralisering van energie: Dit verwys breedweg na energie wat onafhanklik van die hoofnetwerk opgewek word. Hierdie aspek is volgens De Jager uiters belangrik vir die landbousektor. Beginsels is deur die regering in plek gestel om dit te vergemaklik.

De Jager meen dat alhoewel daar verslapping plaasvind van die regulasies rondom plaaslike inhoud wat kragverskaffers betref, en ook die verligting rondom omgewingsimpakstudies, bly gedesentraliseerde energie die area wat hoogs relevant vir landbou is.  

Dit is duidelik dat daar verskeie uitdagings vir Suid-Afrika se landboubedryf is wanneer dit kom by energievoorsiening, maar soos die ou gesegde lui, ‘n boer maak ‘n plan – dit is ook waar wanneer dit by energiesake kom. Produsente het oor die afgelope tien jaar al hoe meer onafhanklik van Eskom begin funksioneer en hul eie elektrisiteit begin genereer. Party produseer gedeeltelik vir hul eie gebruik, en ander wil volkome onafhanklik van die netwerk funksioneer.

Word die kaptein van jou eie skip

Standard Bank is gerat om produsente in hierdie proses by te staan, met hul nuwe digitale platform, PowerPulse. “Dit is ‘n opwindende proses omdat daar baie geleenthede gebied word. Saam met geleenthede kom daar egter ook risiko’s,” meen de Jager.

PowerPulse is ‘n innoverende digitale platform wat ontwerp en gebou is om die manier waarop ons energie produseer, lewer en verbruik in Suid-Afrika, en mettertyd regoor die vasteland van Afrika, te transformeer.

Kyk ‘n onderhoud met De Jager oor die energiekrisis in Suid-Afrika:

Deur middel van PowerPulse help Standard Bank kliënte om toegang te kry tot alternatiewe maniere van energieproduksie. Hierdie platform lei kliënte om die regte tegniese besluite te neem en die regte installasievennote te kies. Dit word dan in lyn gebring met die mees toepaslike wetlike en – befondsingsoplossings, alles binne die komplekse regulatoriese en goedkeuringsomgewing.

PowerPulse verwyder onnodige wrywing en vertragings, koste-oorskryding en transaksiekoste uit die proses om kontantneutraliteit so vinnig as moontlik te bereik. Standard Bank bied raad en bystand met betrekking tot energiekoste, tegniese oplossings, oplossingsverskaffers, beleggings, asook munisipale en regulatoriese raamwerke.

Lees oor produsente in die Karoo wat van die kragnetwerk afgeklim het.

PowerPulse stel Standard Bank in staat om hand aan hand met die produsent te werk, en sodoende data oor hul energieverbruik te ontvang. “Ons verwerk dit dan en kyk of dit vir hulle lewensvatbaar sal wees om self energie te genereer. Dan koppel ons hulle ook met vooraf-goedgekeurde verskaffers wat hulle kan help om ‘n spesifieke en korrekte oplossing te implementeer,” verduidelik De Jager.

Finansiering

Hiermee saam bied Standard Bank ook ‘n finansieringsopsie. Aangesien produsente groot besparings op hul elektrisiteitsrekeninge ervaar, kan hierdie besparing weer gebruik word om hul leningsterugbetaling te befonds.

Toegang tot PowerPulse is verkrygbaar via Standard Bank se OneHub-platform. Vir meer inligting, besoek www.standardbank.co.za of skakel 011 721 9089.

Related Posts

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...

Ivermektien: Veilig vir dier én mens?

Estimated reading time: 4 minutes Die potensiaal van ivermektien...

Smart lambing camps for profitable Boer goat farming

PW Botha lost his heart on Boer goats during...