Statistiek Suid-Afrika het onlangs aangekondig dat landbou die grootste bydraer tot die land se bruto binnelandse produk in die laaste kwartaal van 2017 was. Dit het opnuut die aandag gevestig op hoe belangrik die landbousektor vir Suid-Afrika. Nico Groenewald van Standard Bank het onlangs in die Grootplaas-ateljee gekuier en het gesels oor hoe landbou sy bydrae tot die land se ekonomie maak. Nico deel interessante feite oor die winsgewendheid van boerdery en verduidelik dan hoekom boerderyeenhede al hoe groter word en die aantal boerderye afneem terwyl die bruto-boerderyinkomste styg.

Nico werp lig op die faktore wat die landbousektor beinvloed en gesels ook oor watter uitdagings die sektor in die gesig staar. Hy fokus veral op dit wat produsente op mikrovlak moet hanteer. Baie belangrik, deel Nico ook hoe banke kan hand bysit en baie meer.

Vir meer inligting, skakel 011 721 9089, stuur ’n epos aan SBSA.agricultural@standardbank.co.za of besoek die webtuiste www.standardbank.co.za/business.

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY