Staat se wanfunksionering soos ‘n tydbom

141

Estimated reading time: 2 minutes

Die wanfunksionering van sekere staatsdepartemente, en meer spesifiek veeartsenydienste, is ‘n groot bron van kommer. As daar vandag Slenkdalkoors uitbreek, het ons geen entstowwe nie. Dit is soos ‘n bom wat wag om af te gaan en sal absolute chaos veroorsaak, het Daneel Rossouw, Nedbank se funksionele hoof van landbou, tydens die Swellendam-skou se landbou-oggend gesê.

Die landbou-oggend was een van die geleenthede om Swellendam-skou se 190ste verjaarsdag te vier. Die skou is die oudste aaneenlopende skou in die Suidelike Halfrond.

Daneel Rossouw, Nedbank se funksionele hoof van landbou, spreek die gehoor tydens die Swellendam-skou se landbou-oggend toe.

Rossouw het ook gesê dit is onaanvaarbaar dat Wes-Kaapse kommersiële produsente wat verantwoordelik is vir 53% van Suid-Afrika se landbou-uitvoer, gedwing word om hul produkte deur Durban en Port Elizabeth se hawens uit te voer omdat Kaapstad-hawe bloot nie die kapasiteit of die wil het om die produkte uit te voer nie.

“Ek weet van situasies waar vrugte vir een of selfs twee weke in ongekontroleerde toestande op die hawens gestaan het voordat dit op die skepe gelaai is. Dit is onaanvaarbaar. Daar het miljoene rande verlore gegaan”, het hy gesê.

Kan SA se logistieke krisis die sitrusbedryf se groei pypkan?

Almal weet hoe belangrik grondhervorming/transformasie vir Suid-Afrika is. “Ons as banke sukkel al meer as ‘n jaar om samewerking van die regering te kry in terme van die gemengde finansieringsmodel. Aanvanklik is gesê die banke sal in die eerste kwartaal van 2022 toegang tot die fondse kry, maar dit is nou uitgestel tot Junie of Julie.”

SA container terminals not out of the woods yet.

Dit is onaanvaarbaar, omdat die dryf van die privaatsektor en ook kommersiële produsente om in vennootskappe met nuwe toetreders te tree, deur gebrekkige samewerking vanaf die regering gestriem word, het Rossouw gesê. – Hugo Lochner, Plaas Media