Spoedskeer is ’n gewilde sportsoort onder skeerders regoor die wêreld. Die doel van die uitdaging is om ’n skaap so vinnig as moontlik, maar steeds korrek en sorgvuldig, te skeer. Indien die beoordelaar bepaal dat die gehalte van die skeerwerk goed genoeg is, wen die vinnigste tyd. Die wêreldrekord vir die vinnigste tyd om ’n skaap te skeer is 18 sekondes. Dit word gehou deur Dawid Fagan van Nieu-Seeland. In die video neem Stephan Venter en Guillaume Strydom deel aan ’n spoedskeer-kompetisie op die Philippolis-skou.

(Video verskaf deur Hentie Kruger)

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY