Thursday, May 26, 2022
HomeMarketsSkaap- en beesvleis handhaaf goeie vlakke in April 2022

Skaap- en beesvleis handhaaf goeie vlakke in April 2022

Estimated reading time: 3 minutes

April 2022 sal sekerlik onthou word as die maand met die grootste bek-en-klouseer-uitbreking nog in Suid-Afrika nadat meer as 50 positiewe gevalle in vyf provinsies aangeteken is. Tweedens sal die baie skerp verswakking van die rand ook nie sommer vergeet word nie, aangesien ons drie maande se versterking teen die Amerikaanse dollar in ‘n kwessie van ses dae verloor het (Figuur 1).

Figuur 1: Wisselkoerse.

Alhoewel dit eerder die ander geldeenhede was wat versterk het, het die rand heelwat stoom verloor en aan die einde van die maand teen onderskeidelik R15,68 en R16,53 teen die Amerikaanse dollar en euro verhandel. Beide verbruikers- en produsenteprysinflasie (VPI en PPI) het in Maart verder toegeneem tot onderskeidelik 5,9% en 11,9%. Die vergroting in die gaping tussen die VPI en PPI sedert 2021 is rede tot kommer en voorspel niks goed vir die VPI nie. Dis deels die rede vir die styging in die rentekoers. Die bruto binnelandse produk vir die vierde kwartaal van 2021 is ook bekendgemaak.  Alhoewel die ekonomie jaar-op-jaar met 1,7% gegroei het in die vierde kwartaal, was dit effens minder as die 2,9% van die derde kwartaal. 

Kommoditeite se prestasie gedurende April

Die prys van geelmielies het gedurende April skerp gestyg en het aan die einde van die maand teen R4 700/ton gesluit. Wat natuurlike vesel betref die April bokhaarveiling nie die hoogtes van die vorige twee veilings gehandhaaf nie en die markaanduider het tot R422,76/kg gedaal. Dit is 4,4% minder as tydens die vorige veiling, maar steeds 28,4% meer as ‘n jaar gelede. Weens bek-en-klouseer was die wolveilings van katalogusse 28 en 29 baie klein. Die aanduiderprys van Responsible Wool Standard (RWS)-wol het tydens die laaste veiling (katalogus 30) in April tot R174,68/kg gedaal, 5,8% minder as tydens die laaste groot veiling (katalogus 27) maar steeds 23% meer as ‘n jaar gelede.

Vind uit wat in ander markte gebeur.

Goeie nuus is dat skaap- en beesvleis redelike goeie vlakke bly handhaaf het tydens die bek-en-klouseeruitbreking en nie skerp gedaal het soos in die verlede nie. Die aankooppryse van A2-lam- en beeskarkasse was onderskeidelik R93,56/kg en R61,00/kg aan die einde van April, terwyl die prys van O-klas (80 – 90kg) varkkarkasse R26,31/kg was. Die prys van speenlammers het effens gestyg gedurende April, maar speenkalwers se prys het sywaarts verhandel. Speenlammers en kalwers het aan die einde van April teen onderskeidelik R44,95/kg en R48,07/kg verkoop. – dr Frikkie Maré, Universiteit van die Vrystaat

Vir meer inligting kontak vir dr Frikkie Maré by MareFA@ufs.ac.za.

Must Read

Hier is Agri Wes-Kaap se jongboer-finaliste!

Estimated reading time: 4 minutes Die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie is in tans in volle swang! Die wenner sal tydens ‘n...