Smithfield Landbou het op 11 Oktober 2017 ’n boeredag aangebied om arbeidsbesparende innovasie op ’n skaapplaas onder die loep te neem.

Boere het eers die plaas Zuurfontein van Bertie en Anlia Swanepoel in die Smithfield-distrik besoek, waar die Swanepoels van geen buite-arbeid gebruik maak nie. Bertie het ’n verskeidenheid demonstrasies gedoen met implemente vir veehantering en ander take, soos die laai en sorteer van wol.

Daarna het die besoekers aanbeweeg na Bertie se broer, Adam Swanepoel, se plaas Mooihoek, waar hy en sy twee seuns, Theron en Tiaan, ’n lamskuur vir 600 ooie opgerig het. Die skuur is só ontwerp dat die ooie outomaties gevoer kan word met ’n vooraf geprogrammeerde hoeveelheid kos per dag. Bloot die hoeveelheid lammers wat hulle nou meer speen per jaar, maak dat hulle die skuur binne twee en ’n half jaar sal kan afbetaal. – Izak Hofmeyr, Veeplaas

Kyk na die onderstaande video’s om die outomatisering van vee- en wolhantering in aksie te sien. Kontak Andre Prinsloo van Smithfield Landbou vir meer inligting op 082 579 0381.

Maklike hantering van lammers:

Skandeer ooie maklik en vinnig:

Min arbeid om wol te laai:

Die saampers van wolbale:

’n Roterende sorteertafel vir wol:

Soek die hutsmerk #SmithfieldBoeredag op Veeplaas se Twitter-blad vir meer.


 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY