Skryf nou in vir die 2017 Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie

0
1439

Waaroor klets al die jong afslaers so? Kan dit wees? Ja! Dit is tyd vir die 2017 Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie in samewerking met Veeplaas en Stockfarm.

Die aksie het reeds afgeskop met die Wes-Kaap streekskompetisie wat tydens die Agri-Expo Livestock gehou is.

Die 2017 Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is tydens Agri-Expo Livestock met die Wes-Kaapse streekrondte afgeskop. Van links is Arno Loots van Boland Landbouskool, tweede plek, Appie Maritz, beoordelaar van BKB, Hertie Lerm van Lasarus Wild, eerste plek, en Tiaan Herbst van Veeplaas. Arno en Hertie dring albei deur na die finaal.

Na ’n uiters suksesvolle kompetisie die afgelope drie jaar, gaan die Veeplaas-span in 2017 weer die land fynkam vir die beste jong en skolier-afslaers.

Jong afslaers wys hul staal tydens Nampo 2016

Verskeie promosieveilings is reeds gehou en die Veeplaas en Toyota-span sal in 2017 ook verskeie veilings besoek.

Nog opgewondheid oor die 2017 Toyota SA Nasionale jong afslaerskompetisie.

Opwinding heers oor Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie

Die kategorieë in vanjaar se Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is:

  • Junior kategorie: Onder 19 jaar.
  • Jong kategorie: 19 tot 30 jaar.

As jy dink jy het die potensiaal om gekroon te word as die land se beste jong afslaer van 2017, skakel Tiaan Herbst by 060 370 1429 vir meer inligting en om in te skryf. Of stuur ’n epos aan tiaan@veeplaas.co.za.

Wenners van afslaerskompetisie gesels

Gesels saam oor die kompetisie en laat almal weet dat jy ingeskryf het! Volg die Twitter-handvatsel @onderdiehamer en gebruik die hutsmerk #youngauctioneers2017.

Hughes represents SA at international auctioneer champs

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY