Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie word in 2018 vir die sesde agtereenvolgende jaar gehou. Die 2018-weergawe van die kompetisie het einde 2017 reeds afgeskop met die Wes-Kaapse streeksrondte tydens Agri-Expo Livestock. Dit was die eerste van ’n reeks streeksrondtes wat ter voorbereiding van die nasionale rondte gehou word.

Klik hier vir die streeksrondte se uitslae.

’n Platform vir afslaers

Die kompetisie is in 2013 die eerste keer gehou en word jaarliks in samewerking met Veeplaas en Stockfarm aangebied.

Afslaerskompetisies is oor die wêreld heen ’n algemene gesig. “Dit is die manier waarop afslaers hulself bemark en ’n platform vir aspirant-afslaers om tot die beroep toe te tree. In Suid-Afrika het die tradisie egter nie so ontwikkel nie. Met die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie kon ’n tradisie egter gekweek word en kon verskeie aspirant-afslaers al tot die beroep toetree,” sê Albert Loubser, redakteur van Veeplaas en Stockfarm.

Die kompetisie kon reeds van sy vorige wenners die geleentheid gee om hul talente op ’n internasionale rostrum te toets.

2018-streeksrondtes

In die 2018 weergawe van die kompetisie sal deelnemers oudergewoonte in jong (19-30) en junior (skoolgaande) kategorieë beoordeel word volgens hul vertoning op die rostrum, veekennis en bedryfskennis. “Vir logistieke gemak en om soveel as moontlik mense te bereik, werk die organiseerders saam met bestaande landbougeleenthede om dié geleenthede as gashere vir die verskeie rondtes van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie te gebruik,” verduidelik Albert.

Die volgende geleenthede word beplan:

Rondte Geleentheid Datum Kategorieë
Wes-Kaap-streeksrondte Agri-Expo Livestock Reeds afgehandel Jong

Junior

Sentrale streeksrondte Bloemskou 30 April 2018 Jong

Junior

KZN-streeksrondte Royal Show 28 Mei 2018 Jong

Junior

Gauteng-streeksrondte Val-boeredag 4 Julie 2018 Jong
Wes-Kaap-skolerondte Moorreesburg-skou 5-8 September 2018 (Spesifieke datum sal bevestig word). Junior
Noordwes/Gauteng-skolerondte Wagpos, Boertjiefees 30 Augustus – 1 September 2018 (Spesifieke datum sal bevestig word). Junior
Nasionale rondte ALFA Expo September 2018 Jong

Junior

Opleidingseminaar ALFA Expo September 2018  

 

Vir meer inlingting of om in te skryf kontak Michelle Verster by 083 375 4641 of stuur ’n epos na michelle@plaasmedia.co.za

Hou ook die webtuiste www.agriorbit.com, die hutsmerk #youngauctioneers op Veeplaas se Facebook-blad en die Twitter-profiel @onderdiehamer dop om op hoogte van die kompetisie te bly.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY