Simmentalers hou nasionale veiling in Bloemfontein

Estimated reading time: 2 minutes

“As mens die huidige ekonomiese situasie in ag neem, dan is die uitslae van die afgelope Simmentaler nasionale veiling bemoedigend,” volgens Martiens de Jager, president van die Simmentaler Telersgenootskap.

“Daar is ’n tweede faktor wat mens in gedagte moet hou as mens die pryse beoordeel, en dit is die feit dat dit die eerste keer is dat die nasionale veiling tydens Bloemskou in die Vrystaat aangebied word. Die Vrystaat het nog nie ’n baie groot Simmentaler-voetspoor nie, en die doel daarvan om die nasionale veiling juis in die Vrystaat aan te bied was deel van ’n strategie om die voetspoor hier uit te brei. Die ander deel van hierdie strategie was om vir die eerste keer in 60 jaar ons Nasionale Kampioenskappe op Bloemskou te kom aanbied.” 

Lees meer oor die Simmentaler se sukses by die onlangse SAJFA nasionale kampioenskappe hier.  

In hierdie konteks, sê hy, was die spesifieke pryse wat vir diere wat aangebied is behaal is, van minder belang.

“Die stoettelers wat stoetbulle kom koop het, het baie goed gedoen en gekry wat hulle soek, terwyl die kommersiële telers ook goeie teelmateriaal kon kry. Hier is ’n ontsaglike potensiële mark in die Vrystaat wat wag om ontgin te word.”

Die hoogste prys vir ’n stoetbul was R380 000, vir ’n koei en kalf R135 000, ’n drie-in-een R60 000 en vir ’n vers R24 000.

Van die 23 diere wat aangebied is, is 15 op die veiling verkoop. – Izak Hofmeyr, Plaas Media

KlasHoogste prysGemiddelde prys
Oop verseR24 000R24 000
Koei en kalfR135 000R84 000
Koei drie-in-eenR60 000R60 000
BulleR380 000R150 500

Meet en weeg is ‘n bestuursleefstyl

Bianca Lueesse is die 2022 Molatek/Landbouweekblad/Breedplan-stoetteler van die jaar & skryf dié eer toe aan goeie seleksiemetodes. Bianca was nog op die skoolbanke toe sy die gewigte en metings van die Simmentaler- en Brahmanstoetery op die plaas Lichtenstein West in die rekenaar vasgelê en ontleed het. Vandag is dit steeds deel van haar boerdery wat, met behulp van die nuutste tegnologie, die seleksie van produktiewe diere vergemaklik.

Lees meer deur op die skakel hieronder te klik.

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...

Pak die lente- en groenweidingsuitdagings trompop

Estimated reading time: 4 minutes Die lenteseisoen in Suid-Afrika se somerreënvalgebiede kan om verskeie redes...

Unlocking production potential, one step at a time

Estimated reading time: 8 minutes Unlocking the full production potential of the livestock industry –...