Sierduiwe pronk in Bloemfontein

Estimated reading time: 2 minutes

Die 74ste nasionale sierduifskou is onlangs by die Bloemfontein-skougronde aangebied. Altesaam 1 347 duiwe is deur 72 vertoners uit die tien deelnemende streke in Suid-Afrika ingeskryf.

In die senior-afdeling is 74 duifrasse verteenwoordig, met 14 rasse wat in die junior-afdeling meegeding het. Beoordeling geskied per ras, waarna die raswenners teen mekaar meeding vir die top sewe posisies in die senior- en junior-afdelings. Die opperstekampioen en reserwekampioen is uiteindelik uit die top sewe aangewys.

Vanjaar se seniorkampioenwenner was Phillip Lee van Hartebeespoortdam met ‘n Mookee, terwyl die juniorkampioen ‘n King is wat deur Jaco Marais van Kroonstad vertoon is.

Voorbereiding en beoordeling

Volgens Shaun Smeda, president van die streek Noord van die Vaal, was dit hulle beurt om vanjaar die nasionale skou aan te bied. Hulle het besluit om dit in Bloemfontein te hou om dit meer toeganklik vir vertoners van regoor die land te maak. Smeda het sy dank uitgespreek teenoor Bloemfontein se hoendertelers wat hul hokke beskikbaar gestel het vir die duiwe.

Beoordeling, sê hy, begin binne die verskillende rasse, waar wenners dan aangewys word. Al die wenners word dan gepunt op grond van die betrokke rasstandaard, en die sewe kandidate met die hoogste punte dring deur na die finale beoordeling waaruit ‘n kampioen in die senior- en junior-afdelings aangewys word. Die hoofbeoordelaar vanjaar was Christo Munnik van Carletonville.

Voorbereiding vir so ‘n skou, verduidelik Shaun, behels uit die aard van die saak eerstens die uitdaging om ‘n duif te teel wat so na as moontlik aan die rasstandaarde is. Dan speel voeding, afrigting en fisiese afronding ook ‘n uiters belangrike rol.

Vind meer oor die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf uit hier.

Die vereniging

Sierduiwe kan in verskillende klasse ingedeel word, onder andere waaiersterte, kortbekduiwe, rollers, pronkduiwe, blaasduiwe, veervoete en werksduiwe. Elke klas bestaan uit verskillende rasse.

Die Sierduifvereniging bestaan uit verskillende streke in die land. Daar is die Noord van die Vaal-streek wat Gauteng en Limpopo insluit, dan die Oos-streek in Mpumalanga, die Noord-Vrystaat wat rondom Kroonstad gesentreer is, die Vrystaatstreek, die Oostelike Provinsie, die Wes-Kaap, Suidwestelike Distrikte (SWD), KwaZulu-Natal, Noord-Kaap en Wes-Transvaal.

Vir meer inligting, skakel Shaun Smeda op 072 190 0345. – Izak Hofmeyr, Plaas Media

Must read

Kanola ervaar dinamiese oplewing

Estimated reading time: 7 minutes Die toekoms van die kanolabedryf in Suid-Afrika is vanjaar in een van die sessies van ‘Nasie in Gesprek’ by Nampo Kaap op Bredasdorp bespreek. Groei in die kanolabedryf, hoe...

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – sedert Maart vanjaar het die dam met meer as 50% gestyg. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad gee terugvoer hieroor...

Cream of the crop recognised during yield competition

Estimated reading time: 2 minutes The best of the best was recently crowned at Grain SA’s Grow for Gold Awards ceremony held in Johannesburg. The awards are aimed at giving recognition to producers who...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Get ready for the 2023 ARC National Beef Performers Awards

Estimated reading time: 6 minutes The Agricultural Research Council (ARC) will once again present its National Beef Performers Awards in 2023. This is the 45th instalment of the awards, the aim of which is...