Nadat meer as 10 000km afgelê is om kuilvoermonsters te neem vir die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie, en dié monsters na plaaslike én Amerikaanse laboratoriums gestuur is vir ontleding, is die #kuilvoerkoning-finaliste nou bekend.

 kuilvoerontledingsDie finaliste is as volg:

Mieliekuilvoer / Maize silage

  • Bag Afrika
  • WD Hall
  • JC Nel Jnr Familietrust
  • Theron Boerdery
  • Westend Landgoed
  • Danie Louw
  • Burnview Farming
  • Limpopo Melkery
  • SKS Voerkraal
  • JH Blanckenberg

Sorghumkuilvoer / Sorghum silage

  • Sparta Baby Beef
  • Sparta Baby Beef (ander bunker)
  • Wynn-With Milk Farm

Hawerkuilvoer / Oats silage

  • Danie Louw
  • Kluitjieskraal
  • JH Blanckenberg

Van die finaliste sal nou op hulle plase besoek word. Die doel van elke plaasbesoek is om erkenning aan die finalis te gee en om hom saam met die borg, die maatskappy wat hom ingeskryf het en die organiseerders te besoek. Sommige van die uitslae se punte sal bespreek word en die bunkers self sal bekyk word. Die uiteindelike doel is om te bevestig dat die deelnemer sy finalis-posisie verdien.

Na afloop van die besoek word die Santam Landbou-kuilvoerkoning aanstaande week @ ALFA 2017 aangekondig. – Marike Brits, Veeplaas

Lees hier meer oor die kuilvoerontledings van die kompetisie:

Wat sê kuilvoerontledings vir ons?

Lees hier oor die monsterneming-avontuur:

Kuilvoerkoning laat die wiele rol

 

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY