Saturday, April 1, 2023

Samesmelting van VKB en GWK kry die groen lig

Estimated reading time: 2 minutes

Die Mededingingstribunaal het die samesmelting van VKB en GWK op 21 Desember 2022 goedgekeur, kort ná dit deur die Mededingingskommissie aanbeveel is. Dit volg ná gesprekke tussen dié twee maatskappye wat reeds in Julie 2020 afgeskop het, GWK se aandeelhouers op 11 Augustus 2022 ten gunste van die samesmelting gestem het, en VKB se direksie die transaksie vroeër in 2022 binne hul mandaat goedgekeur het.

Die samestelling en ontwerp van die transaksie is gedryf deur verteenwoordigers van GWK en VKB, in samewerking met ʼn eksterne, onafhanklike korporatiewe adviseur, Pallidus, om ʼn ooreenkoms saam te stel wat verseker dat albei partye beskerm en bevoordeel word. Die verteenwoordigers van GWK en VKB het krities gaan kyk na verskeie aspekte, onder meer sinergieë in terme van maatskappykultuur en -struktuur, ʼn gedeelde visie om landbou te bevorder, die behoud van ʼn besigheid in boerebesit en die voortsetting van gehalte-ondersteuning aan produsente op plase.

Lees meer oor die aanloop tot die samesmelting hier.

Dr PG Strauss, besturende direkteur van die VKB Groep, sê dit is goeie nuus dat die Mededingingstribunaal die samesmelting van VKB en GWK goedgekeur het. “Die onderskeie bestuurspanne van VKB en GWK sal vergader rakende die volgende stappe en proses vorentoe sodra daar aan alle uitstaande opskortende voorwaardes rakende die transaksie voldoen is, ingesluit finale goedkeuring deur die Oorname Reguleringspaneel, waarna verdere kommunikasie met kliënte, personeel, aandeelhouers en ander belanghebbendes sal volg. Intussen gaan albei maatskappye soos normaal voort.”

Llewellyn Brooks, besturende direkteur van die GWK Groep, sê dit is ʼn groot mylpaal in die geskiedenis van die twee maatskappye wat ná baie werk die afgelope twee jaar behaal is. “Die transaksie gaan groot geleenthede vir al ons belanghebbendes ontsluit. Ons is opgewonde daaroor dat ons nou kan voortgaan met beplanning om die landboumaatskappy van die toekoms te bou.” – Persverklaring, GWK en VKB

Must read

Service plans are a sound investment

Estimated reading time: 4 minutes “You remember the Boy Scout guy is coming at two?” asked Mbali as I ended another fruitless call to find bluetongue vaccine. “You mean the boy who is scouting you...

Kom kyk na Kubota se nuwe masjiene by Nampo 2023

Estimated reading time: 4 minutes Smith Power Equipment en Kubota stel hierdie jaar tydens Nampo-oesdag van 16 tot 19 Mei 2023, twee opwindende nuwe produkte ten toon. As jy in die mark is vir...

Geheime vir groter sojaboon- en mielie-opbrengs by sojadag gedeel

Estimated reading time: 5 minutes Die kombinasie van die natuur, wetenskaplike ontledings en ‘n behoorlike kennis oor sojabone en mielies se behoeftes, is baie belangriker as om blindelings net nóg insette toe te dien....

#flashbackfriday Plaas TV 28 – 31 March

Estimated reading time: 2 minutes This week Plaas TV brought viewers more interesting content, and this is #flashbackfriday. Below is a recap of the week’s episodes:  A fourth generation phytase was recently launched in South...

Topgehalte karkasse bevoordeel die vleisbedryf

Estimated reading time: 3 minutes Die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging (SAFJA) spits hom vir twee dekades al daarop toe om, in samewerking met verskeie betrokkenes, die plaaslike beesbedryf te bevorder. Malcolm Moodie, voorsitter van SAFJA, sê...