Salami en roomkaas happies

0
266

Dié maklike en lekker vingerete happies sal voorbereiding vir enige vakansie onthaal maklik maak. Jy kort slegs salami, roomkaas, olywe en tandestokkies om hierdie rolletjies bymekaar te slaan.

Bestandele              1 houer roomkaas, kamertemperatuur

1 pakkie salami

1 pakkie groen olywe, ontput

Metode

  1. Plaas ’n skyfie salami op ’n plat oppervlak en smeer ’n dun laag roomkaas op. Rol op en plaas drie tandestokkies ewe ver van mekaar af aan die oop kant van die rolletjie.
  2. Plaas ’n olyf op elke stokkie teenaan die salami. Sny die rolletjie in drie, tussen die tandestokkies.
  3. Doen dieselfde met die res van die bestandele en bedien. – Ursula Human, Plaaskos

Plaaskos

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY