Tuesday, March 21, 2023

Saai stig ondersoekfonds na Land Bank-bewerings

Estimated reading time: 2 minutes

Bewerings oor ongerymdhede, ongeregtighede en misbruik van likwidasies om Landbank en ander landbou-ondernemings se uitstaande skuld van boere in te vorder, noop ’n onafhanklike ondersoek.

Die Suid-Afrikaanse Agri-inisiatief (Saai) het tydens sy verteenwoordigersdag in Pretoria in die teenwoordigheid van invloedryke boere van regoor Suid-Afrika ’n ondersoekfonds gestig om die oorsprong van die bewerings oor en die impak van moontlike ongerymdhede bloot te lê.

Land Bank responds to claims regarding its debt recovery processes

’n Beroep word op Landbank en landbou-ondernemings gedoen om hulle samewerking in die ondersoek te gee. Die bank behoort dit te verwelkom dat so ’n onafhanklike ondersoek moontlike skade aan sy reputasie kan beperk as dit sy verklaring dat ’n aanlyn ondersoek geen ongerymdhede of misbruik getoon het nie bevestig.

Om die fonds op die been te bring, het Meyer le Roux van Buffelsfontein Brandewyn as deel van die #diebuffelsgeeterug-veldtog die eerste R10 000-tjek aan Francois Rossouw, die uitvoerende hoof van Saai, oorhandig. Saai hoop dat landbou-ondernemings en banke ook ‘n bydrae tot die fonds sal maak en sommige boere het reeds skenkings belowe.

Bewerings van ongerymdhede by Landbank

Bewerings van ongerymdhede is die gevolg van Landbank se versuim om te voldoen aan die vereistes van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet 2 van 2000) (PAIA) nadat Landbank geweier het om te reageer op Saai se vrae. Die organisasie het navraag gedoen oor Landbank se mandate en prosedures om honderde boere te likwideer vir skuld ter waarde van net ’n fraksie van die waarde van hulle bates. Landbank bevraagteken ook die optrede en gedrag van Landbank se agente op plase en die samewerking tussen amptenare, prokureurs, likwidateurs, afslaers en kaders.

Sedert Saai twee weke gelede beswaar gemaak het teen die omvang, prosedures en brutaliteit van Landbank se likwidasie van boere (wat nie insolvent is nie), het Landbank konsekwent ontken dat daar enige ongerymdhede of buitengewone optrede van sy kant af is. Landbank het egter nie sy aggressiewe likwidasie van boere gestaak nie, en honderde boere getuig dat hulle slagoffers van dié veldtog is of was.

Saai daag Landbank uit om self ook ’n bydrae tot die fonds te maak om die bank se verbintenis tot skoon administrasie en etiese norme in sy besigheid met boere te bevestig. – Persverklaring, Saai

Driegasheerbosluise: Pak dié bloeddorstige spesie met handskoene aan

Estimated reading time: 4 minutes As draers van verskillende kiemspesies, kan bosluise siekteveroorsakend wees...

Hou jou windpomp aan die draai

Estimated reading time: 3 minutes Daar is baie maniere om water uit die grond...

Biosekuriteit op die plaas (Deel 5): Die verkopersverklaring: Die beste instrument vir veeprodusente

Estimated reading time: 6 minutes Ons kan ’n groot verskil maak aan die verspreiding...

Vervangingsverse: Belê in die toekoms

Estimated reading time: 7 minutes Vervangingsverse dra die toekomstige sukses van die suiwelbedryf op...