Estimated reading time: 2 minutes
Die SA Vleismerino-telersgenootskap het ‘n superramskou tydens Nampo Kaap in Bredasdorp, aangebied. Koos de Wet van Graaff-Reinet het die BKB Meeste Punte-toekenning verwerf en is ook as die skou se BKB Teler van Kampioene aangewys.

Die kampioen-teelram (9076 LT) is deur Rowlen von Gericke van Marquard vertoon en die beste groep van drie ramme (2100, 2096 en 2181 NWB) deur Maritz en De Villiers Mouton van Piketberg. – Hugo Lochner, Plaas Media
SA Vleismerino: Die geheim van Grietha se gelukbringer-stoet
Grietha van Rensburg is ’n gerekende SA Vleismerino (SAVM)-stoetteler wat diep spore in dié bedryf trap. Sy boer saam met haar man, Louis, op die plaas Taaibospan by Sannieshof. Hy verbou graan en boer met Bonsmaras.
Grietha se harde werk, deursettingsvermoë, liefde vir diere en haar geloof, het haar ’n skaapteler van formaat gemaak. Vandag is sy ’n voorloper in die bedryf en ook die eerste vrou om tot die SA Vleismerino-genootskap se raad verkies te word.
Lees meer hier.
Hoe om ’n werklik winsgewende vleisskaap te teel
Nadat hy ’n paar jaar as tegniese adviseur by SA Stamboek gewerk het, het Clynton Collett in 1972, op 26-jarige ouderdom, die plaas La Rochelle in die Venterstad-omgewing gekoop en voltyds begin boer. Sy skoonseun, Mario du Preez, boer al die afgelope 17 jaar saam met hom. Waar Mario na die dag-tot-dag bestuur van die boerdery omsien, spits Clynton hom op teling en seleksie toe. Die boerdery bestaan uit Meatmasterskape en Boranbeeste, en hulle produseer ook lusern.
Merino-ramme reis die land vol: Die tafel is gedek met Pot, Pan en Deksel
Konsortium-Merino het geen bekendstelling nodig wanneer dit by hardwerkende, veldaangepaste skape kom nie, en vandeesweek het Plaas Media saam met hul stigterslid, Gawie van Heerden, op die Oos-Kaapse dorp, Cathcart, gekuier.
Lees meer hier.