HomeAgri NewsSA Stamboek vereer top suiwelkuddes in George

SA Stamboek vereer top suiwelkuddes in George

Estimated reading time: 5 minutes

Die room van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf is Donderdag tydens die SA Stamboek Suiwel Elite Prysuitdeling 2023 by die George Landbouskou in die Wes-Kaap vereer.

Ses platinum, nege goue, 21 silwer en 22 brons toekennings is tydens die geleentheid toegeken.

“Toekennings help egter nie net om die kudde te verbeter nie, maar dit kan ook lei tot ’n meer winsgewende kudde,” sê Herman Labuschagne, SA Stamboek se hoof van data en tegniese dienste.

Alle SA Stamboek-suiwelprodusente kom in aanmerking vir die Elite toekennings. Kuddes word in drie kategorieë geëvalueer – aantekening, produksie en genetika. “Saam met die toekenning ontvang die produsent ook terugvoer rakende wyses en tegnieke wat toegepas kan word om sy of haar kudde moontlik in die toekoms te kan verbeter,” sê Labuschagne.

Die ses kuddes wat platinum toekennings ontvang het was Waterbron Jerseys (eienaars: Cobus en Ronel Behrens van Ventersburg), LE Thom (eienaar: Leon Thom van Gravelotte), EDE Farming (eienaar: Miles Stead en bestuurder Poena Van Niekerk van Middelburg in Mpumalanga), Walker en Seun (eienaars: John en Christof Walker en bestuurder Tanille Jeffries van Greyton), AJ Schoonwinkel (eienaars: Arno, Jaco en Jan Schoonwinkel van Swellendam) en die Hoër Landbouskool Oakdale (bestuur deur Hennie Uys). “Hierdie ses kuddes sal later uitgenooi word na ons nasionale ‘beste van die beste’-toekenningsgeleentheid, wat gewoonlik jaarliks in April in Bloemfontein plaasvind. Die nasionale wenner sal dan aangewys word,” het Labuschagne gesê.

Om ’n goue toekenning te ontvang moet ’n kudde deel van die top 10% van die land se nasionale kudde, soos gemeet deur SA Stamboek, wees. Die kuddes wat dié toekenning ontvang het is:

  • Dalewood Jerseys (Rob Visser, Franschhoek).
  • Eenkant Melkery (Marline Burger, Lauren Calvert en bestuurder Nkululeko, Elsenburg).
  • Eselfontein boerdery (Deon Malherbe en bestuurder Ulie Nauhaus, Ceres).
  • JH Blanckenberg (Phillip Blanckenberg en bestuurder Corné Willemse, Klipheuwel).
  • JH Neethling (Hannes en Neels Neethling, Rayton).
  • Limpopo Melkery (Joubert en AJ Fourie, Makhado).
  • RC Slater (Rob Slater, Kaapstad).
  • WD Hall (Billy Hall en Shaun Spence, Heidelberg).

Silwer toekennings word slegs aan kuddes toegeken wat deel vorm van die 25% beste kuddes in die land. Vanjaar behoort dié eer aan die volgende kuddes:

  • Avondgloed Trust (Nicky en Jaco van Rensburg met Helmo Gericke as bestuurder, George).
  • CO Klingenberg Pty Ltd (Christo Klingenberg met Johan van der Merwe as bestuurder, Commondale).
  • Diereproduksie Navorsingstrust (Pieter Cronje is die bestuurder in samewerking met prof Robin Meeske).
  • Elsenburg Landboukollege (Bestuurders: Marline Burger, Lauren Calvert en Nkululeko Mnisi, Elsenburg).
  • Glynton Jerseys (Peter Durham, Dundee).
  • Grysklip Jerseys (Andries Engelbrecht).
  • Jumari Jerseys (Mariana Liebenberg, Porterville).
  • Lourens Broers Boerdery (Hampie Lourens, Swellendam).
  • Meyer WD en Seun (Manus Meyer, Jeffreysbaai).
  • Numon Jerseys (Abrie Jordaan, Montagu).
  • Outeniqua Proefplaas (Wes-Kaapse Departement van Landbou: Pieter Cronje en prof Robin Meeske, George).
  • Goedgeleë Boerdery (Pierre Human en sy seun, Pierre Jacques, Napier).
  • Solderskraal Jerseys (Altus Brooks, Swellendam).
  • TN Colby (Trevor Colby, Vereeniging).
  • Tierkloof Boerdery (Rikus van Wyk, Porterville).
  • Goue Akker (Van Greunen Boerdery, George).
  • Immergroen(Van Greunen Boerdery, George).
  • Jonkershoek(Van Greunen Boerdery, George).
  • Werda (Van Greunen Boerdery, George).
  • Kristalfontein (Van Greunen Boerdery, George).
  • Waboomskloof Trust (Charl de Wet met Heine Fourie as bestuurder, Caledon).

Om vir ’n brons toekenning te kwalifiseer moet ’n melkkudde deel van die land se top 50% kuddes vorm. Vanjaar is die toekenning gegee aan:

  • AG McKenzie (Steven McKenzie, Dundee).
  • Anton Homsek Familietrust (Anton Homsek met Barti Volschenk as besturuder, Bloemfontein).
  • BG en AG Viljoen (Rachel Viljoen, Riversdal).
  • Craighead Dairy (Peter Durham, Dundee).
  • Doornvlei Jerseys (Pieter van Deventer, Heidelberg, Wes-Kaap).
  • El Shaddai (Annelie en Johan Pretorius, Vereeniging).
  • Essie Jerseys (Bokkie Steenkamp en Erpe Jansen van Vuuren van Bothaville).
  • Hoopvol Jerseys (Ben Coetzee, Heidelberg).
  • JJ Wessels (Jan Wessels, Napier).
  • K. Terblanche (Kayler en Henré Terblanche, George).
  • Katrou (Madel Burger, Riversdal).
  • Lonel Jerseys (Michiel en Jan Heyns, Ventersburg).
  • Nuwedam Jerseys (Hadre Pratt met Herman van Dyk as bestuurder).
  • Nuwepos Jerseys (Hadre Pratt met Herman van Dyk as bestuurder).
  • Redcliffe Dairy (Rob Mckenzie – nuwe toetreder, Kamberg, Mooi Rivier).
  • Schoeman en Louw (Alfie Louw en Dewet Vorster, George).
  • Uitnood (Bokkie Steenkamp en Erpe Jansen van Vuuren, Bothaville).
  • Universiteit van Pretoria (Corlea Swanepoel, Pretoria).
  • VA Gertsner (Victor Gertsner, Wes-Kaap).
  • Bossie Alleen (Van Greunen Boerdery, George).
  • Uitkyk (Van Greunen Boerdery, George).
  • Voorberg Gevangenis (Godfrey Moloi, Benjamin Sofat, Breton Isaacs, Lungile Mkumibuzi en Lundi Dlova is aan die stuur, Porterville).

Spesiale toekennings

Rampie de Wet, SA Stamboek se tegniese adviseur vir suiwelkuddes in die Vrystaat, het ’n aantal spesiale toekennings aan diere toegeken wat in ’n enkele kategorie uitgestaan het.

Wat die spesiale genetiese toekennings aanbetref is die Elite Indeks vir uitstaande Ayrshire beeste aan Jan Wessels se Ayrshire kudde van Napier toegeken. Hannes en Neels Neethling van JH Neethling naby Rayton (Gauteng) se Holstein kudde het ook só ’n spesiale toekenning ontvang, terwyl Leon Thom van Gravelotte se Jersey-kudde ook ’n Elite indeks-toekenning ontvang het.

’n Spesiale toekenning vir goeie vordering is aan Anton Homsek Familietrust se Ayrshire kudde oorhandig.

In terme van doeltreffendheid het, die Elsenburg Landboukollege se Holstein-kudde bekroon, terwyl AJ Schoonwinkel van Swellendam se Jersey-kudde ook ’n spesiale toekenning in dié verband ontvang het.

Wat die beste somatiese seltellings aanbetref het Anton Homsek Familie Trust die toekenning vir die beste Ayrshire-kudde ontvang, asook JH Blankenberg vir die beste Holstein-kudde. Numon Jerseys is vir die beste Jersey-kudde vereer.

Die toekenning vir die beste tussenkalfperiode is onderskeidelik aan die kuddes van JJ Wessels (Ayrshire), Redcliffe Dairy (Holsteins) en Eselfontein (Jerseys) toegeken.

JJ Wessels se kudde het ook die toekenning vir beste kuddelewe vir Ayrshires ontvang. WD Hall se Holsteins in Heidelberg (Gauteng) is as die kudde met die beste kuddelewe vir Holsteins bekroon, terwyl CO Klingenberg Pty Ltd van KwaZulu-Natal dié afdeling se top Jersey-produsent was. – Susan Marais, Plaas Media

Must Read

RSG Landbou: 11 Junie 2024 – geborg deur BKB

Die invoer van kalwers van buurlande is een van die grootste knelpunte vir rooivleisprodusente in die Noordwes-provinsie. So sê Nico Kilian van RPO Noordwes....