Monday, May 29, 2023

SA Stamboek vereer suiwelkampioene

Estimated reading time: 2 minutes

SA Stamboek het hierdie jaar die derde LOGIX Suiwel Prestasie Kampioenskap aangebied.

Lees oor 2023 se SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas.

Diere word beoordeel op grond van hul vlak van produksie, genetiese potensiaal en ook funksionele doeltreffendheid wat met lineêre beoordeling fenotipies vasgestel is. Hierdie jaar het Niel van Rensburg uit Australië die koeie en verse lineêr beoordeel. Dataverwerking is deur dr Bernice Mostert van SA Stamboek gedoen.

Vyf telers het met 30 koeie en verse in sewe klasse deelgeneem. Beide Holstein-tipe diere en Jerseys het deelgeneem.

Lees meer oor SA Stamboek.

Die wenners hierdie jaar is soos volg:

Klas 1: Holstein-tipe vers onder 20 maande, dragtig bevestig.

Ede Farming
Frazzled 21011

Eienaar: Ede Farming

Klas 2: Jersey-vers onder 20 maande, dragtig bevestig.

Johan Roux

21009

Eienaar/s: Johan en Salette Roux

Klas 3: Holstein-tipe koei onder 36 maande, gebore op of na 1 Augustus 2019.

Ede Farming

Ede SS Rintje 20084

Klas 4: Jersey-koei onder 36 maande gebore op of na 1 Augustus 2019.

Johan Roux

20050

Milagro J20007

  • Koei 16374
  • Koei 18016
  • Koei 20050
  • Koei 20084
  • Koei 21009
  • Koei 21011

Klas 5: Holstein-tipe koei ouer as 36 maande, gebore voor 1 Augustus 2019.

Limpopo Melkery 

Limpie 14329 Dreamweaver

Eienaar/s: Joubert en AJ Fourie, Limpopo Melkery

Klas 6: Jersey-koei ouer as 36 maande, gebore voor 1 Augustus 2019.

Johan Roux

18016 

Milagro XF 1 J1809

Klas 7: Holstein-tipe koei, enige ouderdom met ’n leeftydproduksie van 3 500kg bv + pr.

Ede Farming  

15700

Rubicon Jenkins Miranda 1507

Grand Champion: Holstein-tipe

Ede Farming
Frazzled 21011

Eienaar: Ede Farming

Grand Champion: Jersey

Johan ROUX

21009

Eienaar: Johan en Salette Roux


Suiwelkenners trek saam by Ede Holsteins-boeredag en -veiling

Ná maande se intensiewe beplanning, het Ede Holsteins se vierde produksieveiling en boeredag in September net buite Middelburg plaasgevind. Georganiseerde strukture in die suiwelbedryf is hier onder die vergrootglas geplaas, met sprekers soos dr Pierre van Rooyen, voormalige bestuurder van SA Stamboek, dr Japie van der Westhuizen, bestuurder van SA Stamboek, prof Norman Maiwashe van die Landbounavorsingsraad, Fanie Ferreira, hoofbestuurder van die Melkprodusente-organisasie (MPO), en Pieter van Deventer van Jersey SA.

Altesaam 27 lotte van uitstekende Holstein-gehalte het ook onder die hamer gekom.


#kykweervrydag Plaas TV 22 – 26 Mei 2023

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Insubordination: Types and steps to follow

Estimated reading time: 4 minutes Insubordination refers to the defiance of, or resistance to...

Genetiese vordering wat suksesvol versnel word

Estimated reading time: 7 minutes Mari Roets en haar pa, Kobus Delport, bestuur die...

Ensoötiese aborsie by klein herkouers

Estimated reading time: 5 minutes Ensoötiese aborsie is ’n bakteriese siekte wat deur Chlamydia...