Tuesday, October 8, 2024

SA Stamboek spog met nuwe innoverings vir vleisbeeste

Share This Post

Estimated reading time: 4 minutes

SA Stamboek is trots om aan te kondig dat teeldoelwitte vir beide stoet- en kommersiële vleisbeeskuddes op ’n nuwe vlak geplaas word met die integrering van alle inligting wat ’n merkbare verskil aan die winsgewendheid van beesvleisproduksie maak.

Dit is reeds bekend dat SA Stamboek die enigste registrerende owerheid ingevolge die Wet op Diereverbetering 1998 (Wet 62 van 1998) is, wat aan al die internasionale standaarde, soos vervat in die riglyne van die International Committee for Animal Improvement (ICAR), voldoen.

‘n Pasmaak-toep binnekort beskikbaar

Dit is dan ook geen verrassing dat 75% van die erkende vleisbeesrasse (77,5% van alle beesrasse) se telers en genootskappe SA Stamboek vertrou om hulle stoetdiere se aantekening en genetiese verbetering te behartig.



SA Stamboek streef daarna om data-opname en besluitneming vir telers en vleisbeesprodusente so eenvoudig en doeltreffend as moontlik te maak. Die organisasie wil produsente ook help om die beste vervangingsverse te kies wat hul winsgewendheid sal verhoog. SA Stamboek stel binnekort ’n pasmaak-toepassing bekend wat die Logix-stelsel op ‘n praktiese wyse in die hand van elke vleisbeesteler plaas. Logix IQvir vleisbeeste is ’n nuwe, rewolusionêre ontwikkeling wat reeds in die toetsfase is.

Gebruik van genomiese inligting

SA Stamboek se genomiese program, geskoei op die nuutste metodologie, naamlik die enkelstap gBLUP,word reeds suksesvol by agt vleisbeesrasse toegepas. Dit stel telers van dié rasse in staat om diere met volle vertroue te selekteer en aan die kommersiële mark beskikbaar te stel, omdat die akkuraatheid in die voorspelling van die genetiese meriete van bulle bo verdenking is en al die diere ook getoets is vir die voorkoms van genetiese merkers vir gewenste en ongewenste enkelgeen-eienskappe. SA Stamboek se veekundiges staan ook ander telersgenootskappe by met programme om genomiese seleksie effektief uit te brei.

By Stamboek SA is die insluiting van genomiese inligting in doeltreffende seleksieprogramme nie meer ‘n nuutjie nie. Dit is die standaard wat nagestreef word om die beste diere te identifiseer en te verbeter.

SA Stamboek se hoofprioriteit is om produsente te help om die regte bulle te kies en te koop, en wat hulle vleisbeesboerdery meer winsgewend sal maak. Deelnemers maak gebruik van die maklik-leesbare, splinternuwe katalogusformaat wat ook die keuse bied om ’n foto van die veilingsdier in te sluit. Telers laai self hul diere se foto’s op Logix en die foto verskyn dan op alle ter sprake verslae op die betrokke dier se www.SABeefBulls.com-blad en op die veilingskatalogus.

Bykomende funksionaliteite

Bo en behalwe die maklike en verstaanbare veilingskatalogus, kan alle stoettelers en mede-vleisbeesprodusente ook hulle eie doelwitte en minimum soekkriteria opstel vir bulle wat die beste impak op hulle koeikuddes se winsgewendheid sal hê. Telers kan www.SABeefBulls.com vir direkte toegang besoek. Die QR-kode op die vleisbeeskatalogus bied ook hierdie besondere funksie. Stoettelers kan die webwerf ook gebruik om koeie te selekteer, vervangingsverse te kies en optimale parings te doen, deur van die gevorderde paringsfunksie gebruik te maak.

SA Stamboek se koeiwaarde-seleksiewaardes, wat aan elke teler beskikbaar gestel word, en in oorleg met die telersgenootskappe op wetenskaplike gronde ontwikkel en bygehou word, bied die geleentheid vir vleisbeesprodusente en veral vir stoettelers, om kuddevaars te selekteer wat winsgewende dogters sal teel.

’n Analise van die koeiwaarde in seleksieprogramme toon duidelike verskille in die winsgewendheid van koeie wat geneties in koeiwaarde verskil. Tabel 1 toon werklike meting en waardes, en die kalwers van top-en gemiddelde koeie, sowel as koeie met swak genetiese koeiwaardes.

Tabel 1: ‘n Vergelyking van koeie met verskillende koeiwaardes.

Deur die genetiese boublokke van koeiwaardes soos koei- en versvrugbaarheid, kuddelewe, moedereienskappe (melk), voorspeense kalfgroei, kalwingsgemak, en koei-onderhoud tot die beskikking van vleisbeesboere en stoettelers te stel, kan doeltreffende kuddevaarkeuses ook gemaak word om die sterk- en swakpunte in koeikuddes aan te spreek. – Dr Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek

Lees ander artikels oor SA Stamboek:

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 39 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...