Monday, March 20, 2023

SA boere woeker in die Verenigde Arabiese Emirate

Estimated reading time: 2 minutes

Tans is Suid-Afrikaners besig om R14 miljoen se Suid-Afrikaanse landboumasjinerie op te stel in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), waar dié regering help om strategiese voedselsekerheid te bewerkstellig. 

Die Covid-19 pandemie en die oorlog in die Oekraïne het die VAE-regering oortuig dat dit ’n potensiële krisis in die oë gaan staar indien die land, met 12 miljoen inwoners, onderbrekings in logistiek en voedselvoorsieningskettings sou ervaar. Water is skaars in die VAE en sommige emirate, soos die Sharjah Emiraat, ontvang net sowat 140mm reën per jaar.

“Vir die VAE gaan hierdie nie soseer oor die koste van kosproduksie nie, maar eerder oor strategiese voedselsekerheid,” sê Louis Smit, uitvoerende hoof van Jenaan Investment LLC. “Meer as 90% van die land se voedsel word ingevoer.”

Die Sharjah Emiraat se Departement van Landbou het Smit se maatskappy einde Junie 2022 genader om te hoor of Jenaan nie sou belangstel om ’n besproeiingsplaas in die Sharjah-streek te ontwikkel nie. “Toe ons die perseel op 20 Augustus betree was hier basies niks nie – net woestyn,” onthou Smit.

Binne vier maande het Smit-hulle dit reggekry om 16km se pyp te lê, ’n 16 000m3-reservoir te bou en die projek aan die Sharjah Emiraat se munisipale waterstelsel gekoppel te kry. Verder is ’n pompstasie gebou en 12 spilpunte opgerig, wat elk 50ha kan besproei.

Slegs agt van die 12 spilpunte kon onder koring geplant word omdat dit reeds so laat in die seisoen is. Dis tans winter in die VAE en daarom het hulle koring geplant. In die somer hoop hulle om grondbone en sesamsaad te plant.

“Hierdie is nie ’n goedkoop storie nie. Die munisipale water is byvoorbeeld alles seewater, wat deur tru-osmose ontsout word en hierdie plaas se waterbehoefte beloop 50 miljoen liter per dag.”

Geen saad in die VAE word geneties gemanipuleer nie en Smit-hulle het selfs organiese koring onder een van die spilpunte geplant.

“Uiteraard lyk dié spilpunt se koring nou maar ’n bietjie slegter as die res, maar ’n mens moet hierdie proewe doen om te sien hoe ’n organiese produk gaan presteer.” – Susan Marais, AgriOrbit

Lees meer oor ‘n boer wat ‘n wenresep vir lusern het.

  • Suid-Afrikaners inspekteer die koring terwyl hulle in die Verenigde Arabiese Emirate besig is om die toerusting op te stel. Hier is Schalk Oosthuizen (produkspesialis by CNH in Suid-Afrika), Arno du Plessis (hoof van taktiese bemarking van CNH in Suid-Afrika) en Jacques du Plessis (hoof van CNH in Suid-Afrika se groothandelverkope). (Foto: Louis Smit)

Must read

RSG Landbou, Plaas TV, wortelontwikkeling

RSG Landbou: 20 Maart 2023 – geborg deur Plaas Media

Herlewingslandbou word voorgehou as die praktyk om boerdery volhoubaar te maak, maar wat gebeur na die oorgang na herlewingslandbou? Is die boerdery onmiddellik meer volhoubaar en winsgewend? Nic van Schalkwyk van Restore Africa Funds...

Hou jou windpomp aan die draai

Estimated reading time: 3 minutes Daar is baie maniere om water uit die grond te kry, maar die tradisionele windpomp bly die maklikste en goedkoopste metode. 'n Windpomp moet ten minste twee keer per...

RPO Noord-Kaap bied suksesvolle roetevergaderings aan

Estimated reading time: 5 minutes Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Noord-Kaap het ‘n paar jaar gelede begin om jaarliks ‘n roetevergadering aan te bied en verskeie gebiede in die provinsie te besoek. Die dag...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 0 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Biosekuriteit op die plaas (Deel 5): Die verkopersverklaring: Die beste instrument vir veeprodusente

Estimated reading time: 6 minutes Ons kan ’n groot verskil maak aan die verspreiding van siektes deur die gebruik van ’n verkopersverklaring aan te moedig. Dit is nou maar wors dat daar ’n hele aantal...